Openbaring 12
SKETS 9 OPENBARING 12
Die sewende basuin
Christus het gewys hoe allerhande oordele van God oor die wêreld sal gaan. Juis om die bewoners van die aarde te waarsku en hulle tot bekering te beweeg. Jesus Christus gee die boek Openbaring nie net om ons daarop te wys dat God se oordele oor die wêreld gaan nie. Hy bemoedig Sy kerk juis in hoofstuk 11. Ondanks ellende en vervolging sal die duiwel die kerk nie regtig dood kan maak nie. Die Here sorg daarvoor dat Sy kerk altyd weer sal opstaan. Hy maak self waar wat Hy in Mat 16:18 gesê het: "die poorte van die doderyk sal my gemeente nie oorweldig nie."
As Christus dit gesê het, sien Johannes dat op die sewende basuin geblaas word. Dit beteken dat die dag van laaste oordeel aangebreek het.
Dit kan ons duidelik in vers 15 lees as daar gesê word dat alles die eiendom van God en Christus geword het. Alles wys nou daarop dat elke teenstand teen die HERE en Sy Gesalfde verbreek is. Die tyd het aangebreek dat elkeen wat geleef het, geoordeel sal word. Sien vers 18.
Ons lees in vers 19 van die tempel in die hemel wat oopgaan. Die dag van die laaste oordeel is ook die dag dat die HERE uit die hemel, uit Sy tempel na die aarde kom. Sy troon sal op die aarde, onder die mense staan. Die ark in die tempel was in die tyd van die Ou-Testament die simbool van God se troon op aarde. Die Allerheiligste was die HERE se troonsaal op aarde. In die hemel was op'n besondere manier Sy troon en woonplek. Nou gaan die hemel oop en kan
Johannes, kan Christus se kerk selfs God se troon met eie oë sien. Op die dag dat op die sewende basuin geblaas word daal die nuwe Jerusalem uit die hemel op die aarde neer. Dan gebeur wat ons in hoofstuk 21:3 lees: "En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God."
Dit word begelei met die laaste oordele van God wat oor die wêreld gaan.Die laaste oordele, weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael, kom nou nie meer om mense te waarsku, om hulle tot bekering op te roep nie maar om die pad vir God op hierdie wˆreld vir altyd te baan. Om hulle wat nie met Christus geleef het vir altyd te veroordeel en vir altyd van die aarde te verwyder.
Christus kom!
Nadat Christus ons op die dag van die laaste oordeel gewys het, gee Hy in hoofstuk 12 'n oorsig van die geskiedenis van die kerk. Dit gaan om die kerk soos diŠ op aarde lewe.
Johannes sien aan die hemel 'n groot teken verskyn. Hy sien 'n vrou. Wie is hierdie vrou?
Dis die kerk. Dit gebeur re‰lmatig dat vir die kerk die beeld van die vrou gebruik word. Voorbeelde daarvan kan ons vind in: Jes 54:1; Hosea 2; 2 Kor 11:3; Ef 5:32.
Van die kerk word heerlike dinge gesê. Sien psalm 87. Die vrou, die kerk beskik oor son en maan. As die HERE in Sy trou die kerk help, gebruik Hy selfs son en maan. Sien Rigters 5:20 en Josua 10:12-14.
Die kroon van die 12 sterre rondom haar kop herinner ons aan die 12 seuns, die twaalf stamme. Hulle was die stamvaders van Israel. Die twaalf sterre herinner ook aan die Josef se droom waarby maan, son en 11 sterre voor hom buig. Sien Gen 37:9. Die kerk is vanuit die 12 seuns van Jakob gegroei. Die getal twaalf wys op die hele kerk. Die twaalf apostels is in Jesus se tyd die verteenwoordigers van die kerk. In die nuwe Jerusalem kan ons die name van die 12 stamme en die 12 apostels lees. Sien Openb 21:12-14.
Die vrou in vers 1,2 is die kerk van die Ou-Testament. Haar taak is om die Christus, om die Verlosser voort te bring. Die kerk van die Ou-Testament, die kerk na die sondeval is vanweë die HERE se belofte in Gen 3:15 swanger. God se volk sal die beloofde Verlosser voortbring. Sien ook Miga 5:2 en Rom 9:5.
Die Satan se vyandskap
Die Satan wil alles doen om te verhinder dat die Verlosser in die wêreld kom. Die vyandskap tussen die duiwel en God se volk sien Johannes in vers 3,4. Hy sien hoe die kerk van die Ou-Testament en die duiwel teenoor mekaar staan. Die duiwel se werk word deur die vyandskap teen die HERE en Sy volk beheers.
Die duiwel is magtig. Hy staan as 'n magtige draak teenoor die vrou. Sy mag word aangedui deurdat dit 'n draak met 7 koppe en tien horings is. Hy dra op die 7 koppe selfs nog 7 krone. Sy mag op die wêreld is baie groot. Sien vir die draak met 7 koppe en tien horings ook Dan 7:7; 8:10. Hierdie draak het in die wêreld groot aansien en mag. Sy mag is 'n mag wat op vernietiging gerig is. Daarop wys sy kleur. Hy is vuurrooi. Hy soek bloed, hy is bloeddorstig. Die draak se mag word nog onderstreep deur die mededeling dat hy 'n derde van die sterre meesleep en op die aarde gooi.
Sy vyandskap is in die Ou-Testament op God se volk gerig om te voorkom dat die Christus gebore sal word.
Christus kom en vaar op
In vers 5 lees ons hoe die koms van Christus en Sy werk in een sin opgesom word. Hy word gebore. Die duiwel staan klaar om die Here Jesus te verslind. Hy kon nie voorkom dat die Verlosser gekom het nie, nou gaan Hy al sy energie gebruik om te verhinder dat Hy Sy taak volledig kan uitvoer.
Dit kry die duiwel nie reg ondanks dat hy al sy energie en mag gebruik nie. Die duiwel is die owerste van die wêreld wat met Christus op aarde stry. Tydens Sy lewe kan Jesus Christus al met sekerheid sê: "Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie." (Joh 14:30)
As Jesus Sy taak volbring het vaar Hy as die Oorwinnaar op. Hy is dan die Koning wat wys dat Hy die duiwel verslaan het en Sy troon in die hemel bestyg. Die kind wat uit die vrou gebore is, is die Koning van die konings. Sy mag is groter as die mag van die owerste van die wˆreld. Hy regeer die nasies met 'n ysterstaf. Niemand kan Sy regering verontagsaam nie. Sien Psalm 2:9 en Openb 2:27.
Die kerk bly agter
Jesus Christus is deur God opgeneem, van die aarde weggeruk. Hy is nie meer by God se volk op aarde nie. Dit kan lyk asof die kerk nou geen kat se kans meer het nie. Hoe kan die kerk nou sonder Christus op aarde bly bestaan. Die duiwel bly op aarde as die groot draak, sy mag is soveel groter as die mag van die mense wat die kerk vorm.
Na Jesus se hemelvaart dat die duiwel nie meer die owerste van die wêreld is nie. Die HERE stuur die geskiedenis soos Hy wil. Hy sorg daarvoor dat die kerk uiteintlik onaantasbaar is. Dit is so deur Sy beskerming. Dit word aangedui deur die woestyn waar die vrou na toe vlug. Die woestyn is 'n droë gebied waar baie mense nie in lewe kan bly nie. Waar allerhande gevare dreig. Selfs so'n gebied word onder Christus se beskerming 'n plek van veiligheid, 'n plek van vrede.
Dit sien ons as die volk Israel 40 jaar deur die woestyn moet trek. Die HERE sorg daarvoor dat hulle in die beloofde land kom. Die woestyn dui ook aan dat Christus se kerk altyd volledig van Sy beskerming afhanklik is. Sien Eks 23:20; vergelyk Jes 40:3; Jer 2:6; Hos 2:13
Christus bewaar Sy kerk 1260 dae in die woestyn. Dis 42 maande, 3 en halwe jaar. Dit dui simbolies op die tyd van Christus se hemelvaart tot Sy terugkeer.
Oorlog in die hemel
Jesus het in die hemel gekom. Die duiwel kon Hom nie keer nie. Hy moes Hom deur die gebied wat veral sy gebied is vrye toegang gee. Sien Ef 6:12.
Nogtans wil die duiwel die stryd nie opgee nie. Hy versamel op die dag dat die Here Jesus na die hemel gegaan het sy hele leër. 'n Magtige leër van duiwele, van bose geeste. Hulle trek teen die hemel op en gaan selfs die hemel binne. Hy wil nou Christus uit die hemel haal, Hom as koning onttroon.
Teenoor die duiwel se le‰r staan die hemelse leër. Die aanvoerder van hierdie le‰r is Migaël. Sien ook Daniël 10:13,21; 12:1 en Judas 9. Die duiwel wat 'n laaste despeate poging doen word teruggedring. Hy kan nie teenoor God se leër standhou nie. Dit was die laaste keer in die
geskiedenis dat hy in die hemel kon kom. Hy word nou definitief uit die hemel gesit. Die dag van Christus se hemelvaart bring die vervulling van wat Jesus in Joh 12:31 gesê het: "Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wˆreldbuitentoe gedryf word."
Die hemel is vir altyd van die duiwel bevry.
Die hemel juig
Dit is 'n groot bevryding vir die hemel dat die duiwel daar nie meer kan kom nie. Hy kon voor Christus se hemelvaart elke dag in die hemel kom. Voorbeelde daarvan in die Bybel is: Job 1,2 en Sagaria 3.
Nou word nog net God se stem en die lof op Sy naam gehoor. Die gemene en sondige stem wat die hemel besoedel word nie meer gehoor nie. Niks versteur in die hemel nog die lof op God en Christus nie.
Nou word die definitiewe oorwinning op die duiwel duidelik. Nou word duidelik dat die gelowiges die groot oorwinnaars is. Die groot oorsaak van hulle oorwinning lê nie in hulleself nie. Dit lees ons in vers 11: "En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis." Christus se bloed is die fondament vir die oorwinning, vir werklike bevryding. Sien ook Eks 12:13,23.
Omdat die gelowiges van Christus se werk getuig en in Sy naam die duiwel bestry kan die duiwel hulle nie uit die hemel hou nie.
Die duiwel rig al sy aandag op die aarde
Die hemel juig. Die hemel juig nie oor die aarde nie. Die mense wat op die aarde lewe sal dit moeiliker kry. Die duiwel sal nou al sy aandag en energie op die aarde rig. Dis nie net so dat die duiwel sy aandag nog net op die aarde kan rig nie. Hy is ook woedend omdat hy nou definitief van Christus verloor het.
Hy kan Christus nie meer verslaan nie. Daarom wil hy Christus se werk soveel as moontlik aantas. Hy wil Christus se kerk aanval. Hy wil dit die kerk so moeilik as moontlik maak en so die kerk so klein as moontlik hou of maak. Dis Christus wat ons daarvan verseker dat die duiwel dit ondanks sy grimmige vyandskap sy doel nie sal bereik nie. Die duiwel vervolg die kerk wat die Verlosser voortgebring het. Dit kan lyk asof die duiwel besig is om die kerk te vernietig maar die vrou, die kerk kry twee vlerke waarmee sy aan die dodelike gevaar kan ontsnap.
By die uittog van God se volk uit Egipte uit lees ons ook van die agtervolging van die volk. Sien Eks 14: 8-23. Dan is dit die HERE wat water gebruik om die mag van die duiwel te vernietig. Hy lei dan Sy volk na die woestyn as ’n plek van veiligheid. Sien Eks 19:1,2. Die HERE gebruik sy vlerke om Sy volk te beskerm. Sien Deut 32:11,12.
Ons lees in hierdie gedeelte van Openbaring 12 wat ons ook in 1 Petrus 5 lees: "Wees nugter en waaksaam, want julle teënstander, die duiwel, loop soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind." vers 8
As die kerk steeds weer by die Drie-enige God beskerming soek, kom die duiwel met geweld en verleiding om die kerk te vernietig. Water, oorstroming bedreig die vrou in die woestyn. Dit is 'n beeld van bedreiging wat dikwels in die Skrif gebruik word. Sien o.a: Psalm 18:4 e.v.; 42:8.
Die HERE sal daarvoor sorg dat die bedreiginge van die duiwel deur Hom opgevang word. Dis die HERE wat selfs in die grootste gevaar Sy volk nie aan die bedreiging oorgee nie, die bedreiging kan Sy volk nie saamsleep nie. So sê die HERE in Jes 43:2: "As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere - hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur die vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie; en die vlam sal jou nie brand nie." Sien ook Psalm 32:6.
Vrae wat by die bespreking gebruik kan word
1. Watter betekenis het 11:18 vir christene wat vandag op hierdie wêreld lewe? Bestudeer ook artikel 37 van die Nederlandse Geloofsbelydenis. Hoe kan die veroordeling van die goddelose nou troos vir die gelowiges wees? Is dit nie sadisties nie?
2. Watter lyn kan 'n mens in die geskiedenis van die Ou-Testament sien waarby die HERE die koms van die Verlosser veilig stel?
3. Op watter maniere probeer die duiwel in die Ou-Testament om te voorkom dat God se volk die Verlosser kan voortbring? Het dit vir ons vandag ook nog betekenis om te herken hoe die duiwel vandag werk?
4. Hoe probeer die duiwel om Jesus tydens Sy lewe op aarde te verslind? Wat kan ons daarvan vandag leer?
5. Wat het die duiwel in die hemel gedoen voordat hy vir altyd daaruit gegooi is?
6. Gee aandag aan vers 17. Watter betekenis het hierdie vers vir die vraag waar 'n mens die ware kerk kan vind en wat 'n egte gelowige is. Sien vir die innige verband tussen ware kerk en ware gelowige ook artikel 29 NGB. Lees die hele artikel en nie net die eerste gedeelte nie!