Preek Dordtse Leerreëls I,1,2 - Dordtse Leerregels I,1,2

Preek Dordtse Leerreëls I,1,2 - Dordtse Leerregels I,1,2

ORDE VAN DIENS

 

Opening

Vrede/Seëngroet

Psalm  117

Geloofsbelydenis

Psalm 27: 1,3

Skriflesing: Deuteronomium 29:25-29

Gebed

Kollekte

Psalm 14: 1,2,6,7

Viering van die Heilige Nagmaal:

Terwyl tafel in gereedheid gebring word:          S.B. 2:1

Lees: 1 Johannes 4:2-21                         Sing: S.B. 5

Terwyl ons van tafel gaan:                                 S.B. 2:4,5               

Teks:  D.L. I  1,2

Preek

Psalm 143:1,2,9

Dankgebed

Psalm 115:1,9

Seën

 

 

Broers en susters, gemeente van die Here Jesus Christus

 

Preek vanuit die Dordtse Leerreëls is vir ons ‘n nuwe ding. Nog altyd was dit so dat  die leer van die Skrif vanuit die prediking van  die Heidelbergse Kategismus tot ons gekom het. Omdat sekere sake in die Kategismus minder aandag kry kan die verkondiging van die leer verryk word deur ook vanuit die Dordtse Leerreëls en die Nederlandse Geloofsbelydenis te preek.

Ons gaan nou begin met die Dordtse Leereëls. ‘n Mens kan die vra vra of  die Dordtse Leerreëls nog wel aktueel is. Dit is die belydenisskrif waarvan die inhoud die minste bekend is. Mense dink dikwels dat die Dordtse Leerreëls net oor die uitverkiesing handel en dat dit 'n‘moeilike en harde geskrif is. Hoe meer jy jou met hierdie Belydenisskrif besig hou hoe meer jy sien dat dit nie so is nie. Die inhoud van die Dordtse Leerreëls verdien regtig goeie aandag en is tot opbou van jou geloof en tot opbou van Christus se gemeente.

Jy sien die aktualiteit van hierdie belydenis al as jy vanuit die geskiedenis raaksien waar die verskil tussen die Remonstrante en die Gereformeerdes gelê het. Ons moet eers sien waar die verskil nie gelê het nie. Tussen die Remonstrante en die Gereformeerdes was daar toe geen verskil oor die gesag van die Skrif nie, daar was geen verskil daaroor dat die sondeval so gebeur het soos dit in Genesis 3 staan nie. Daar was geen verskil daaroor dat  ‘n mens in Jesus Christus as sy Verlosser moet glo om  vir ewig gered te word nie. Daar was nie ‘n verskil daaroor dat ‘n mens hom tot Christus moet bekeer nie. Hieroor was ooreenstemming en nogtans sê die Dordste Leereëls dat die Remonstantse leer ‘n verskriklike dwaalleer is wat nie in Christus se kerk geduld mag word nie. Die dwaling is as ‘n mens dit opsom dat die mens in staat is om self vir God te kies en dat sy goedheid waardeur hy gaan glo het daarvoor sorg dat God hom dan uitkies.  Die mens self is in staat om te glo en  te bly glo en Christus het net vir die mense die moontlikheid om te glo en om verlos te word verdien.

Ons leef in ‘n wêreld waarin daar nog baie groter verskille is. Baie mense is geneig om dan te sê dat dit met die Remonstrante maar om ‘n klein verskil gaan want  hulle het nog geglo dat die Skrif die waarheid is en geglo dat ‘n mens hom tot Christus moet bekeer en dan vir ewig gered is. Ons sal in die behandeling van die Dordtse Leerreëls sien dat dit nie so gestel kan word nie.

Ek verkondig vir julle vanmiddag Christus se evangelie onder die tema:

 

DIE VERLOSSING VAN GOD SE UITVERKORE KINDERS IS ‘N WONDER

 

Want die HERE

 

  1. het die reg om ons almal in die verdoemenis te laat
  2. red deur Sy Seun elkeen wat glo

 

  1. het die reg om ons almal in die verdoemenis te laat.

 

Waar begin die Dordtse Leerreëls? Begin dit daarmee dat die HERE mense uitverkies het? Gaan dit daarom dat God as ‘n willekeurige  God mense uitgekies het en verwerp het? Is dit so dat ons kan begin dink dat die HERE eintlik nie heeltemal regverdig is nie. Of kan by ons die gedagte opkom dat  ‘n  mens niks anders kan doen as om te wag en af te wag of jy uitgekies is?  Kan jy maar net so baie sondig as wat jy wil want  as jy uitverkies is kan tog niks verkeerd gaan nie?

Dit is almal vrae wat ons steeds weer geneig is om te vra as dit om God se verkiesing gaan. ‘n Mens kan teveel oor die uitverkiesing praat en dit tot ‘n sisteem maak wat allerhande dinge moet verklaar. As ons meer wil sê as wat die HERE in Sy Woord sê is ons besig om die heerlike van God se uitverkiesing te verduister. Dan lyk dit op ‘n parafienlamp waaarvan ons die vlam te hoog draai. As dit gebeur gee die lamp nie meer lig nie maar begin die swart walm kom wat die lig verhinder om deur te kom. 

Die Dordtse Leerreëls wys vir ons dat ons nie by hierdie vrae moet begin nie. Ons moet nie daarmee begin om dit wat die HERE doen te bevraagteken nie. Hoe belangrik is dit dat ons kyk wat ons in die geskiedenis gedoen het. Dit is waarmee die Dordtse Leerreëls in artikel 1 mee begin. 

Ons belydenis eerbiedig hier wat die HERE in Deuteronomium 29:29 sê: “Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van die wet.” Ons wil ook as dit om God se ewige verkiesing gaan nie verder gaan as wat die HERE self vir ons geopenbaar het nie. Die HERE se weë is hoër as ons weë en daarom moet ons ook versigtig wees om vanuit ons gedagtes allerhande gevolgtrekkings te maak en ‘n eie sisteem te bou nie. Ons moet juis hier in alle eerbied buig vir wat die HERE in Jes 55:8,9 sê: “Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.” Ons bely in artikel 13 van NGB hieroor: “Ons wil ook nie verder as wat ons kan verstaan, nuuskierig ondersoek instel na die dinge wat Hy bo die vermoë van die menslike verstand doen nie; inteendeel, ons eerbiedig juis in alle nederigheid en in aanbidding die regverdige oordele van God wat vir ons verborge is. Ons is tevrede daarmee dat ons leerlinge van Christus is om slegs te leer ken wat Hy aan ons in sy Woord openbaar, sonder om die grense daarvan te oorskry.”

Dit is die rede hoekom die Dordtse Leerreëls nou by die sondeval begin. Ons bely hier eers hoe alle mense, dus ook jy en ek in Adam gesondig het.  Adam se sonde was nie ‘n sonde van een of ander individu nie. Hy was die eerste mens wat ook die hele mensheid in hom verteenwoordig. Hy is daar ons verteenwoordiger en die HERE het hom as ons verteenwooridger heeltemal goed gemaak. Ons kan vandag nie sê dat die HERE Adam as ons verteenwoordiger nie goed genoeg gemaak het nie en dat hy daarom gesondig het nie. Adam is goed en volgens God se beeld gemaak. Ons kan ook nie sê dat ons in daardie omstandighede nie sou gesondig het nie. Ons is regtig niks beter as Adam nie. By die sondeval van Adam het gebeur wat ons in Rom 5:12 lees: “Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal   gesondig het”.

Die Dordtse Leerreëls wys in die eerste sin wat ons situasie is. Ons is na die sondeval almal sondaars. Ons word na die sondeval almal met skuld vir God gebore. Ons situasie is die waarop die tweede sin wys: “om die hele menslike geslag in sonde en vervloeking te laat bly en vanweë die sonde te veroordeel”.

Wie het ons in hierdie ellendige omstandighede gebring? Nie die HERE nie want hy het die mens goed en na Sy ewebeeld geskep. Ons het onsself  in hierdie uitsiglose ellende gebring. Ons het onsself in die ewige dood gebring. Ons moet nie probeer om enige verskoning uit te dink nie.

Vanaf die oomblik dat ons gesondig het, en daarby kom nog dat jy en ek daarby ook daagliks sonde toevoeg,  kon niemand van onreg beskuldig as hy ons almal in die ewige dood sou laat kom het. Niemand kon die HERE verkwalik as Hy elke mens deur die poort van die liggaamlike dood in die volle ellende van die ewige dood laat bestaan het nie. As die HERE ons almal vir ewig verwerp sou het, was dit Sy regverdige oordeel oor ons lewens.   Die Dordtse Leerreëls  onderstreep dit deur die twee tekste wat aan die einde van artikel 1 genoem word. Dit wys daarop dat niemand in hierdie wêreld kan sê dat hy reg op God se liefde het nie. Ons het onsself so gemaak dat God se wet vir ons wys dat ons doemwaardig is. As die HERE na ons kyk, na dit wat in ons is en wat ons doen, kan Hy nie anders sê as: “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.”

Broers en susters dit is die situsie waar ons onsself  in gebring het. Hoe heerlik is dit dat ons nie by hierdie deel van die belydenis hoef te stop nie. Dit is ‘n wonder dat artikel 2 nie hoef te sê: “en daarom is ons almal vir ewig  tot die ewige vuur en leende veroordeel nie.”

Ons mag nou tot die heerlike belydenis van artikel 2 kom.

Ons kom so by die tweede punt

 

  1. Red deur Sy Seun elkeen wat glo

 

Ons verdien net net die dood en die verdoemenis en nogtans het ons vandag die Heilige Nagmaal gevier. Ons het verdien om net in radeloosheid en angs te lewe en ons het vandag regtig fees in die kerk gevier. Hoe is dit moontlik?

Waarin lê nou die rede dat ons die evangelie van verlossing mog hoor. Hoe is dit moontlik dat ons vandag van God se uitverkore kinders mag praat?

Die oorsaak daarvan is niks anders as God se liefde nie. Dit lê in niks anders as God se liefde vir verlore sondaars nie. Dit lê nie daarin dat tog nog iets wat goed is in ons oorgebly het of dat ons besig is om onsself weer gesonder te maak nie. Want wat doen die sondige mens as die HERE hom opsoek? Ons lees dit in Gen 3:8: “En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome in die tuin.”

Die mens het God na die sondeval nie opgesoek nie. Ons het na die sondeval nie die inisiatief geneem om vanuit skuldbelydenis tog die HERE om genade te smeek nie. Dit is heeltemal anders. Die HERE het ons opgesoek. Terwyl  Hy om geen enkele rede vir ons genade hoef te bewys nie het Hy ons opgesoek. Hier in die paradys sien ons al gebeur wat ons later in 1 Joh 4 lees: “Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God Sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.  (9,10)

Dit oorsprong en oorsaak vir God se liefde, vir sy genadige uitverkiesing lê net in “Sy innerlike barmhartigheid”. Kyk Luk 1:78. Sy liefde is so onpeilbaar dat Hy na die sondeval nogtans Sy liefde vir mense bewys. Die diepste en grootste bewys daarvan is dat Hy Sy eie Seun na hierdie wêreld stuur om vir die gelowiges ondanks hulle sondes redding te bewerk.  Ons mag daarvan nooit te klein dink nie.  Ons mag nooit dink nie dat dit  sommer ‘n besluit van God was nie. Ons moet bedink dat die Vader baie goed geweet het wat dit vir Sy eniggebore Seun gaan beteken. Hoe Hy moet ly, hoe hy dan mishandel en gevloek gaan word en selfs aan die duiwel oorgegee word. Hy weet dat dit vir Sy Seun die lyding aan die kruis gaan beteken. Nogtans sê Vader in die hemel nie: “Ek sal dit nie doen nie. Ek sal my Seun nie so diep in die helse ellende dompel nie.” Die Vader het  Sy Seun gestuur!  Vir wie het Hy dit gedoen broers en susters? Het Hy dit gedoen vir mense wat  sukkelaars is omdat die duiwel hulle verlei het terwyl hulle daar self nie baie skuld aan het nie? Dan kon ons dalk nog verstaan hoekom God Sy Seun gestuur het. Nogtans is dit nie so nie.. Ons het dit in die Nagmaalsformulier vandag nog bely: “maar  God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”  Ons kan dit ook so sê toe ons nog vyande van God was!

Dit is regtig net God se liefde en niks anders nie wat  daarvoor sorg dat daar reddiing, verlossing is vir elkeen wat glo. Dit is net God se liefde wat vir vyande van God wat ons van onsself is die poort na die ewige lewe oopmaak.

Die viering van die Heilige Nagmaal het ook daarop gewys. Ons het die fees gevier dat  God se Seun, Jesus Christus in ons plek God se straf teen ons sondes gedra het!  Ons mag juis  by die Nagmaal in God se hart wat so vol van liefde is kyk. Juis daar mag ons sien dat  nie in ons enige grond vir ons saligheid lê nie. Dit is die HERE wat in die Nagmaal vir jou brood en wyn gee. Dit wys daarop dat die redding van jou lewe, jou persoonlike redding van Hom kom en baie meer is as ‘n moontlikheid wat jy self  in eie krag moet  benut. ‘n Mens sien hier hoe verkeerd dit is om met die Roomse kerk en die Remonstrante te glo dat die mens na die sondeval verswak is en nie totaal verdorwe nie. Die mens is na die sondeval nie meer ‘n mens met ‘n goeie wil nie. Hoe verkeerd is dit om iets in jouself, iets in die mens te glo. Dit doen die humanisme.

Hoe anders is die HERE, hoe heerlik is dit dat ons Sy liefde in Christus mag ken. Hoe heerlik dat ons vandag mog sien dat terwyl ons daarop geen enkele reg het nie Sy liefde deur Christus na ons uitgaan. Dat ondanks dat elke mens die diepste verdoemenis verdien het, mense uit die duisternis en tronk van die sonde geroep word. Dan staan jy wat van jouself net duisternis is deur God se liefde in die heerlike lig. Dan skyn die heerlike lig van die ewige lewe al in jou lewe.

Hoe belangrik is dit nou dat jy die lig van God se liefde en genade nie minag nie. As jy dit doen dan is die donkerste toekoms vir jou die pad vorentoe. Leef uit dank vir God se liefde nou elke dag in liefde vir God en al die mense rondom jou. Laat hierdeur jou  jaloersheid,  jou wantroue, jou praat en reageer vanuit persepsies, jou onverskilligheid genees. Deur Christus in wie God se liefde so onverdiens na die wêreld na ons gekom het. As jy in hierdie lig stap en leef mag jy weet dat jy in die wonder deel dat jy een van God se uitverkore kinders is. Hoe groot is Sy liefde onverdiend vir ons. Hoe groot is die wonder van sy wonderlike liefdevolle verkiesing.

Sy verkiesing roep juis in Sy kinders die lof op Hom op.

 

CHRISTUS SE GEMEENTE Sê OP HIERDIE EVANGELIE VAN HARTE: AMEN

 

ORDE VAN DIENS

 

Votum

Vrede/zegengroet

Psalm  117

Geloofsbelijdenis

Psalm 27: 1,3

Schriftlezing: Deuteronomium 29:25-29

Gebed

Collecte

Psalm 14: 1,2,5

Teks:  D.L. I  1,2

Preek

Psalm 115:1,8

Dankgebed

Gez 140

Zegen

 

 

Broeders en zusters, jongens en meisjes, gemeente van onze here Jezus Christus

 

We zijn niet gewend aan preken vanuit de Dordtse Leerregels of de Nederlandse Geloofsbelijdenis. We hebben eigenlijk altijd de leer van de Schrift vanuit de Catechismus gehoord. Juist omdat bepaalde dingen in de andere belijdenisgeschriften meer aandacht krijgen of op een andere manier kan dat ons helpen om juist verrijkt te worden in de kennis en het leven met de HERE.  Daarom willen we nu een aantal weken vanuit de Dordtse Leeregels het evangelie horen en dat daarna samen nog eens bespreken op de gemeentevergadering.

Je kunt je afvragen wat moeten we met de Dordtse leerregels? Is het wel aktueel wat daarin staat? Hebben we daar in onze tijd wel iets aan? We gaan ons toch niet alleen met geschiedenis bezig houden? Veel mensen denken ook dat de Dordtse leeregels moeilijk zijn. Gaat het in dit belijdenisgeschrift eigenlijk niet alleen om de uitverkiezing en dat is allemaal zo moeilijk?! Toch zul je zien dat hoe meer je je met dit belijdenisgeschrift bezig houdt je ziet dat het niet zo is. De inhoud van de Dordtse Leerregels verdiend juist in onze tijd goede aandacht. Het is juist in onze tijd aktueel en ook sterk gericht op je persoonlijk leven met de HERE.  Heel belangrijk voor de opbouw van je geloof. En daarom voor de opbouw van de gemeente.

Je begint het aktuele van de Dordtse leeregels zien als je vanuit de geschiedenis duidelijk wordt wat het verschil tussen Remonstranten en Gereformeerden was. Dan is het eerst goed om te zien waarover het verschil niet ging.  Er was geen verschil over het gezag van de Bijbel. Er was geen verschil over het punt dat je in Christus als je Verlosser moet geloven om voor eeuwig gered te worden. Het verschil was niet dat je je als mens tot Christus moet bekeren. Daarover ging het verschil niet. Toch belijden we in de Dordtse Leerregels dat het over een belangrijk verschil gaat. Om een dwaalleer.  Als je het verschil heel kort wil weergeven, komt het hier op neer: Wij als mensen kunnen in eigen kracht voor God kiezen en omdat jij op eigen kracht gaat geloven kiest God je dan uit. De mens is volgens de Remonstranten zelf in staat om te gaan geloven en te blijven geloven. Christus zou voor mensen alleen de mogelijkheid verdiend hebben om te geloven en gered te worden. Hiervan belijden wij in de Dordtse Leerregels dat het zo niet is!  Op grond van Gods eigen Woord.

Wij leven vandaag in een wereld waarin er nog veel meer verschillen zijn. Veel mensen zijn daarom geneigd om te zeggen dat het tussen ons en de Remonstranten maar een een klein verschil gaat. Want zij  geloofden toch nog dat de Bijbel Gods Woord is en dat je in Christus moet geloven om van je zonden gered te worden. Toch zul je zien dat we ons dan veel te makkelijk van deze zaken afmaken. Ik verkondig jullie het evangelie van Jezus Christus onder het thema:  

 

DE VERLOSSING VAN GODS UITVERKOREN KINDEREN IS EEN WONDER

 

  1. Want de HERE heeft het recht om ons allemaal verloren te laten gaan
  2. Want de HERE redt ieder door Zijn Zoon die gelooft

 

  1. Want de HERE heeft het recht om ons allemaal verloren te laten gaan

 

Waarmee beginnen de Dordtse leeregels? Begint het meteen met de uitverkiezing? Gaat het erom dat de HERE zomaar willekeurig mensen uitgekozen heeft en anderen niet.? Is de uitverkiezing een soort lot uit de loterij?  Moeten we maar afwachten of we uitverkoren zijn?  Kun je eigenlijk maar net zoveel verkeerde dingen doen als je wilt want als je uitgekozen bent komt het toch wel goed? Vinden we God als we aan de uitverkiezing denken toch eigenlijk niet onrechtvaardig?

Het zijn vragen die je meerdere keren om je heen hoort. We vinden het vaak moeilijk als het erom gaat dat God uitgekozen heeft. Je kunt namelijk ook teveel en verkeerd over dat machtige werk van Gods uitverkiezing praten. Dan willen wij als mensen het tot een systeem maken dat alles moet verklaren. Dan gaan we vaak meer zeggen dan de HERE zelf in de Bijbel ons vertelt. Dan maken we het onszelf moeilijk. Dan maken we wat zo prachtig is eigenlijk donker en moeilijk.  Je kunt dat vergelijken met een olielamp. Als je daarvan te hoog draait komt er walm. Dan krijg je juist minder licht.

De Dordtse leerregels laten ons zien dat we niet met dit soort vragen moeten beginnen. We moeten niet beginnen met allerlei kritische opmerkingen beginnen als we erop letten wat God doet. Het is heel belangrijk om eerst eens naar onszelf te kijken. Wat wij in de geschiedenis gedaan hebben. Dat is juist waarmee de Dordtse Leerregels in artikel 1 beginnen.

Je ziet hier hoe onze belijdenis serieus neemt wat we in Deuteronomium 29:29 lezen: “Wat verborgen is, behoort de HEER, onze God toe; wat openbaar is, komt ons toe. Wij en onze kinderen dienen ons altijd te richten naar alle bepalingen van deze wet.”

 Wij willen ook als het om Gods eeuwige verkiezing gaat niet verder gaan dan wat de HERE zelf ons verteld heeft. Wat Hij voor ons openbaar gemaakt heeft. De wegen die God gaat zijn hoger dan onze gedachten. Daarom moeten wij er heel voorzichtig mee zijn om vanuit ons zelf allerlei conclusies te trekken en een eigen systeem te bouwen. We moeten ook op dit punt buigen voor wat de HERE zelf ons gezegd heeft in Jes 55:8,9: “Mijn plannen zijn niet jullie plannen, en jullie wegen zijn niet mijn wegen  - spreekt de HEER. Want zo hoog als de hemel is boven de aarde, zo ver gaan Mijn wegen jullie wegen te boven, en Mijn plannen jullie plannen.”

Ook in onze eigen belijdenis spreken we dat uit. Luister maar naar een deel van art 13 van de NGB: “En al wat in Gods doen het menselijke verstand te boven gaat, willen wij niet nieuwsgierig onderzoeken, verder dan ons begrip reikt. Maar in alle ootmoed en eerbied aanbidden wij de rechtvaardige beslissingen van God, die voor ons verborgen zijn, Wij stellen ons ermee tevreden, dat wij leerlingen van Christus zijn, om slechts te leren wat Hij ons onderwijst door Zijn Woord, zonder deze grensen te overschrijden.”   

Om deze rede beginnen de Dordtse Leeregels nu met de zondeval. Er wordt hier geen theorie bedacht. Nee, we belijden wat er in de Bijbel zelf verteld wordt: dat alle mensen, ook jij en ik in Adam gezondigd hebben.

Als je dan een week geleden leest dat de wetenschapsredacteur van het Nederlands dagblag Rene Fransen de zondeval zoals beschreven in Genesis 3 ontkent, zie je hoe actueel het is dat je hier de wacht bij betrekt! We leven in een tijd dat van heel dichtbij de betrouwbaarheid van Gods eigen Woord ter discussie wordt gesteld. Broeders en zusters, jongens en meisjes laat de HERE en zoals Hij het ons verteld heeft voor ons altijd weer het laatste woord hebben!

De zonde van Adam was niet maar de zonde van zomaar een mens. Hij was de eerste mens die ons allemaal vertegenwoordigd heeft. De HERE had hem als onze vertegenwoordiger helemaal goed gemaakt. Wij kunnen niet naar God wijzen en zeggen: maar u hebt Adam als onze vertegenwoordiger niet goed genoeg gemaakt. God is niet de oorzaak van de zonde van Adam en van ons zondigen. Adam is goed en volgens Gods beeld gemaakt. Wij moeten ook niet doen alsof wij het beter dan Adam gedaan zouden hebben. Bij de zondeval is er gebeurd wat we lezen in Rom 5:12: “Door een mens is de zonde in de wereld gekomen en door de zonde de dood, en zo is de dood voor ieder mens gekomen, want ieder mens heeft gezondigd.” 

De Dordtse Leeregels laten in de eerste zin zien wat onze situatie vandaag is. Na de zondeval zijn wij allemaal mensen die juist de verkeerde kant op willen. Wij staan op de wereld vanaf het begin van ons leven schuldig voor God.

Wie heeft ons nu in de ellendige omstandigheden gebracht? Dat was niet de HERE want Hij heeft juist ons als mensen naar Zijn evenbeeld gemaakt. Wij hebben onszelf in de uitzichtloze positie gebracht waarvan we belijden in die tweede zin van art1: “Daarom zou God niemand onrecht gedaan hebben, als Hij besloten had het hele menselijke geslacht aan zonde en vervloeking over te geven en vanwege de zonde te veroordelen.”

We hebben echt tegenover God geen enkel geldig excuus. Wij kunnen God van geen enkel onrecht beschuldigen want wij dragen zelf de schuld en maken die elke dag door onze zonden alleen maar groter.  Als God tegen ons allemaal zie: Jullie gaan de eeuwige ellende in zouden we niets te zeggen hebben. Dan had je geen enkele reden om dat Hem kwalijk te nemen. Het zou helemaal rechtvaardig geweest zijn. De Dordtse Leerregels laten ook zien dat dat is wat de HERE ons zelf vertelt! Dat zie je in die twee teksten die aan het einde van artikel 1 genoemd worden. Je ziet daar dat wij uit onszelf geen recht op Gods liefde hebben! Als de HERE naar ons kijkt zoals we van onszelf zijn kan Hij niet anders als dit zeggen: “Maar uiteindelijk wordt ieder mens tot zwijgen gebracht en staat de hele wereld  schuldig voor God.” Rom 3:19

Dit is de situatie waarin wij ons als mensen zelf gebracht hebben. Dan is het zo heerlijk dat hier onze belijdenis niet hoeft te stoppen. Dan klinkt er meteen het evangelie omdat de HERE als de genadige God naar ons toekomt.   Het is het wonder van Gods liefde en genade dat er in art 2 niet hoeft te staan: “Daarom zijn we allemaal tot de eeuwige ellende veroordeld.” Er komt meteen al aan het begin van de Dordtse leerregels een heerlijke belijdenis. Zo kijken we nu naar art 2.

 

 

  1. De HERE redt door Zijn Zoon ieder die gelooft

 

Hoe is het mogelijk dat als we de waarheid over onszelf kennen we hier niet alleen als radeloze mensen hoeven te zitten?  Wat is er nu de oorzaak van dat we steeds weer de goede boodschap van de verlossing horen in de kerk? Hoe kan het dat we kunnen praten over Gods uitverkoren kinderen? 

De oorzaak daarvoor ligt in niemand anders dan de HERE. De reden daarvoor is niets anders dan de liefde van God. Gods liefde voor zondaren. Voor van zichzelf slechte mensen. De reden daarvoor vind je niet in jezelf. Ook niet in bepaalde mensen die van zichzelf zo goed zijn. Het ligt ook niet erin dat we toch eigenlijk wel van goede wil zijn of een deel van de mensen dat is. Want wat doet de zondige mens als de HERE hem opzoekt. We lezen dat in Gen 3:8: “Toen de mens en zijn vrouw God, de HEER, in de koelte van de avondwind door de tuin hoorden wandelen, verborgen zij zich voor Hem tussen de bomen.”

De mens heeft na de zondeval God niet uit zichzelf opgezocht. Met spijt en verdriet over de zonde. Wij hebben na de zondeval niet het initiatief genomen om onze schuld te belijden. En om genade te smeken. Toch heeft de Here God ons opgezocht. Dat terwijl de HERE om geen enkele rede aan ons nog zijn liefde en genade hoefde te geven. We zien dan al in het paradijs gebeuren wat we later in 1 Joh lezen: “En hierin is Gods liefde ons geopenbaard: God heeft zijn enige Zoon in de wereld gezonden, opdat we door Hem zouden leven. Het wezenlijke van de liefde is niet dat wij God hebben liefgehad, maar dat Hij ons heeft liefgehad en Zijn Zoon heeft gezonden om verzoening te brengen voor onze zonden.” (9,10)

De oorsprong en oorzaak voor die liefde van God ligt in God zelf. De reden dat er toch nog Gods liefdevolle uitverkiezing is ligt in het innerlijk van God, in Zijn hart. (Luk1:78 “innerlijke barmhartigheid” NBV: “liefdevolle barmhartigheid”)

Gods liefde is zo onpeilbaar groot dat Hij na de zondeval ondanks alles ons als mensen nog genade bewijst. Het grootste en diepste bewijs daarvan is dat Hij Zijn eigen Zoon naar deze wereld stuurt. Met het doel om voor de gelovigen ondanks hun zonden verlossing te bewerken. Daarvan mogen we nooit klein denken. Ook nooit denken dat dat zo heel gewoon is. Het was niet zomaar een besluit van God om dit te gaan doen. We moeten goed bedenken dat de Vader heel goed wist wat dat voor Zijn enigeboren  Zoon zou gaan betekenen. Hoe Hij zou moeten lijden, hoe Hij mishandelt en en gevloekt zou worden om de echte Verlosser te kunnen zijn. Hoe Hij zelfs aan de duivel en de hel zou moeten worden overgegegeven voor een tijd. Hij weet dat dit voor de Zoon het allerdiepste lijden en het kruis zal betekenen. Toch zegt Vader in de hemel niet: “Ik zal het niet doen.””  Nee, Zijn liefde is zo groot dat Hij daarvoor zelfs Zijn Zoon geeft!   

De vader heeft de Zoon gestuurd. En de Zoon zelgt in geweldige liefde dat Hij zal gaan! Je leest van dat ontroerende antwoord van de Zoon in Psalm 40: “Hier ben Ik, over Mij is in de boekrol geschreven. Uw wil te doen, mijn God, verlang Ik, diep in mij koester ik uw wet.” Vs 8,9.

Voor wie broeders en zusters, jongens en meisjes heeft Christus dit gedaan? Heeft Hij het gedaan voor mensen die eigenlijk per ongeluk naar de duivel geluisterd hebben. Zich per ongeluk hebben laten verleiden? Dan konden vanuit onszelf nog wel begrijpen dat God Zijn Zoon gestuurd heeft. Dan was er toch ook wel een foutje bij hem geweest. Toch is het niet zo. Wij lezen in Romenein 5: “Maar God bewees ons Zijn liefde doordat Christus voor ons gestorven is toen wij nog zondaars waren.” Vs 8  Hij stierf niet voor mensen die slachtoffers zijn maar mensen die echt tegen god gekozen hebben. Hij stierf voor ons toen we nog vijanden van God waren.

Het is echt alleen de liefde van God en niets anders dat zorgt voor redding, voor verlossing voor ieder die gelooft. Het is echt alleen Gods liefde die de poort naar het eeuwige leven openmaakt voor mensen die uit zichzelf zijn vijanden zijn.

Wij horen steeds weer van het evangelie van de redder Jezus Christus. God zelf prijst hem steeds weer bij jou aan. Steeds weer komt Heilige Geest met die liefde van God naar je toe. De grond voor redding ligt voor jou en mij alleen in Gods liefde, alleen in Christus. Daarom klinkt steeds weer die oproep vol liefde: Kom tot Christus, geef je aan Hem over.  Jouw persoonlijke verlossing van God oordeel ligt echt alleen in Christus, alleen in Gods liefde. Daarvoor is echt veel meer nodig dan dat jou de mogelijkheid gegeven wordt om te geloven. Want in eigen kracht gaan jij en ik niet geloven en onszelf verloochenen.

Het is niet zo zoals de Roomse kerk en de Remonstranten leren dat de mens na de zondeval alleen maar zwakker geworden is. Nee, de mens is echt helemaal verdorven en een vijand van god geworden. Wij als mensen willen na de zondeval echt het goede niet meer. Het is echt verkeerd om in jezelf te geloven en op jeeigen kracht als mens te bouwen. Dat gebeurt als je er een humanistische levensvisie op na houdt. Dan hoor je in een spotje voor de radio van het Humanistisch Verbond dat we als mensen op onze eigen kracht moeten bouwen want anders zijn we aan de goden overgeleverd.   

Gelukkig is die ene God, is de HERE er! Het is geweldig dat we Zijn liefde in Christus kennen. Dat Hij ons door de Geest juist die kracht wil geven om ons aan Christus te verbinden. Dat de HERE in Zijn liefde mensen uit die duisternis van nooit eindigende ellende haalt. Als je leert om antwoord te geven op Zijn roep om tot Christus te komen, kun je dan je geluk en dankbaarheid niet op. Dan schijnt het heerlijke licht van het eeuwige leven onverdiend over jouw leven.

Dan zie je hoe belangrijk het is dat jij het licht van Gods liefde en genade dat steeds weer tot je komt niet naast je neerlegt. Als je dat doet is er door je eigen schuld alleen maar een donkere toekomst. Leef uit dank voor Gods liefde echt met Hem. Echt in een liefdesband, in een geloofsband met Christus. Laat daardoor jouw jaloersheid, jouw wantrouwen, jouw spreken en reageren vanuit wat jij over een ander denkt zonder het zeker te weten, jouw onverschilligheid, jouw verlangen naar dingen die de HERE als zonde aan je voorhoudt genezen. Laat zo Gods liefde je leven veranderen. Door de heilige Geest. Steeds heel dicht bij God willen zijn. Als je zo in het leven staat, mag je weten dat jij als Gods uitverkoren kind in het licht van Zijn onverdiende liefde staat. Dat jij mag delen in dat wonder! Dan sta je verwonderd over de grote liefde die juist in Gods verkiezing naar je toekomt. Dan roept de uitverkiezing geen twijfel en kritische vragen op maar brengt het je tot dank en lof op God. Op de Drie-enige!

 

AMEN