ORDE VAN DIENS
Opening
Vrede/Seëngroet
Psalm 135:1,2
Gebed vir die opening van die Woord
Skriflesing: Jesaja 55
Psalm 51:5,6
Skriflesing: Efese 1:1-14
Psalm 65:2,3
TEKS: DORDTSE LEERREËLS I: 6,7
Preek
Geloofsbelydenis (sing)
Dankgebed
Kollekte
S.B. 35
Seën
Broers en susters, gemeente wat deur die Gees gelei word
Ons vier die heerlike Pinksterfees. Die Heilige Gees is deur Christus uitgestort. Die kerk is ‘n Geesdriftige kerk wat die evangelie uitdra in hierdie wêreld. Is dit nou juis op hierdie fees nodig om vanuit die Dordtse Leerreëls te preek. Is dit nou nodig om juis op hierdie blye Sondag te praat oor die besluit van verkiesing en verwerping? Neem dit nou nie al ons blydskap weg nie?
Is dit nie ‘n baie koue besigheid om vandag oor hierdie besluit te praat terwyl ons vandag die warme en vreugdevolle fees van die Gees vier. As jy nou so dink en voel het jy juis nodig om met baie aandag na die preek te luister. Dan het jy nie die regte insig en siening oor God se besluit van verkiesing en verwerping nie. Hierdie besluit is so vol van God se liefde, is so vol van die Gees se werk. Dit is heerlik en pragtig om iets van die onpeilbare diepte van God se besluit te mag sien. Ons bely dan ook aan die einde van artikel 6 “maar aan die heiliges en godvresendes gee dit ‘n onuitspreeklike troos. Laat ons ons vanaand as mense wat die Gees ontvang het dan ook as geestelike mense, as godvresendes na die evangelie van God se ewige besluit luister. Ek wil vanaand enkele elemente van artikel 6,7 behandel en volgende week ander. Die tema van die preek van nou en volgende week sal dieselfde wees.
Ek verkondig vir julle Christus se blye boodskap onder die tema:
DIE HERE HET SEKERE MENSE IN CHRISTUS TOT LOF VAN SY GENADE UITGEKIES
- Hy het dit voor die grondlegging van die wêreld gedoen
- Dit is die diepste grond vir jou geloof
- Hy het dit voor die grondlegging van die wêreld gedoen
Die Dordtse Leerreëls het in die artikels hiervoor aangewys dat die geloof ‘n geskenk van God is en dat die ongeloof die mens se eie skuld is. Die twee soorte reaksie op die prediking moet ons vanuit hierdie wete beoordeel.
Nou kom die vraag waarom gee die HERE in Sy groot liefde vir sondaars die geloof present. Is die HERE ‘n willekeurige God? Is Hy die God wat somtyds sommer lus is om dit vir mense te gee en op ander oomblikke nie lekker voel en daarom dit nie vir mense gee nie? Nee! Ons moet elke gedagte aan willekeur uit ons kop uit kry. Dit is nie so dat die HERE die eendag anders dink en voel en daarom wel of geen geloof vir mense gee nie. Dit gaan terug op God se liefdevolle verkiesing, op Sy genadige besluit van verkiesing wat Hy “voor die grondlegging van die wêreld” geneem het.
Om dit op die regte manier te sien moet ons weer na die skepping kyk. Die HERE skep die mens dan goed. Niks is verkeerd of te swak om die ergste verleiding te kan weerstaan nie. Dan kom die sonde wat niks anders as die mens se eie skuld en sonde is nie. Niks wat in die geskiedenis gebeur is vir die HERE ‘n verrassing nie. Daar is niks wat gebeur waaroor die HERE geen beheer het nie. Dit is juis daarom dat Hy in Sy besluit voor die grondlegging van die wêreld ook hiermee rekening hou. Hy wat die geskiedenis van ewigheid ken, sonder op enige manier vir die kwaad verantwoordelik te wees, het uit die mensheid waarvan Hy geweet het dat hulle in sonde sou val, mense uitgekies. As die HERE nie hierdie besluit sou geneem het dat Hy uit die mense wat in sonde geval het in onpeilbare liefde mense sou uitkies, sou nou elkeen van ons die sonde met ons hele hart, met al ons kragte en met ons hele verstand liefhê.
Dit gaan in God se besluit van voor die grondlegging van die wêreld om Sy ewige liefdeskeuse. Sy ewige liefdeskeuse in en deur Jesus Christus Sy Seun. Ons lees dit baie duidelik in Efese1: “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees”. Dat hierdie besluit van ewigheid geneem is word ook in 2 Tim 1:9 beklemtoon: “God wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is”.
Die HERE is die ewige God en dit beteken dat as Hy van ewigheid ‘n besluit neem dit sekerheid, vastheid gee. Hy is die God wat as die ewige ook die onveranderlike is. Hy is nie die God wat die eendag so voel en die ander dag anders en die een keer anders doen as die ander keer. In die geloof mag jy in die HERE en Sy liefdeskeuse vastheid en rus vind. Hier sien ‘n mens hoe verkeerd dit is om die leer en die besluit van die verkiesing so te hanteer dat dit by jou of ander tot onsekerheid begin lei. Ons mag nie so met God se verkiesing begin omgaan dat ons begin sê: Ons kan nie kyk in die boek van God se uitverkiesing nie en daarom kan ek nooit heeltemal daarvan seker wees of ek wel uitverkies is nie. Dan gebruik ons hierdie leer heeltemal anders as waar die HERE dit vir ons geopenbaar het. Dit staan juis in die kader van die dankbaarheid en die verwondering dat die HERE jou in die geloof wys dat jy uitverkies is en dat jy mag weet dat dit teruggaan op Sy ewige onverdiende liefdeskeuse vir jou.
Calvyn het die beeld gebruik van Christus as die spieël van ons uitverkiesing. As jy in liefde na Christus kyk en Hom in liefde as jou Redder volg, sien jy jou uitverkiesing in Hom. Dit is God se uitverkiesing dat jy Hom liefhet en wil volg. God se ewige verkiesing gee die magtige sekerheid dat Hy Sy volk nooit vergeet en verlaat nie. Hoe ons dit dalk in sekere oomblikke van ons lewe dink. As ons so begin dink moet ons in gedagte hou wat die HERE in Jes 49 sê: “Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die HERE het my vergeet! Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ek jou nie vergeet nie! Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer, jou mure is gedurig voor My.” (14-16)
Sien jy nou hoe warm, hoe genadig ons God se hart in die besluit van Sy verkiesing sien klop! Dit is een en al liefde van die Drieenige en ewige God.
Maar wat nou van die ongelowiges? Wat nou van hulle wat deel van die besluit van God se verwerping is? Weer moet ons daarop let dat dit hier om mense gaan wat in hulle eie sondes bly leef. Let op die formulering in art 6: “Hulle egter wat nie uitverkies is nie, laat Hy volgens Sy regverdige oordeel in hulle boosheid en verharding bly.” Weer is duidelik dat ons geen skuld by God mag soek en vind nie. Dit gaan hier om mense wat hulleself in hierdie posisie gebring het. Dit is net liefde, net onverdiende goedheid dat die HERE sekere mense uit hierdie ellende haal. Ons moet nou nie een of ander fout by die HERE soek nie maar dankbaar en bly wees dat ons deur Sy liefde gered word. Die ander mense bly in die situasie waarin hulle hulself gebring het.
Hier moet die dwaling van die Remonstrante en baie kerke vandag wat die Remonstrante volg sterk teengestaan word. Die Remonstranse leer word duidelik genoem en weerlê in die eerste artikel van die verwerping van die dwalings:
“Die Sinode verwerp daarom die dwaling van hulle wat leer: Die hele en volledige besluit van die uitverkiesing tot saligheid is God se wil om daardie mense salig te maak wat nog sal glo en in die geloof en geloofgehoorsaamheid sal volhard. Oor hierdie besluit is daar niks anders in die Woord van God geopenbaar nie.”
Die dwaling is dus dat volgens die Remonstrante die uitverkiesing niks anders is dat die HERE besluit het dat as mense in Christus gaan glo Hy hulle tot die ewige lewe sal uitkies. Die geloof is nog altyd die mens se werk en nie God se geskenk nie. Jy moet op jou eie geloofskrag en jou eie goeie werk bou. Let daarop hoe sterk ons belydenis op hierdie dwaalleer reageer en dit is ook vir ons vandag ‘n baie belangrike aanwysing hoe ons moet reageer op groepe, kerke en mense moet reageer wat dieselfde leer. Amper al die charismate, die meeste baptiste en groepe wat hulle evangelies of metodisties noem dink en praat so. Wat bely ons teenoor hierdie gedagte: “Die dwaalleraars mislei hiermee die opregtes, en hulle weerspreek duidelik die Heilige Skrif. Die Skrif getuig immers dat God nie alleen hulle wat sal glo, wil salig maak nie, maar dat Hy ook sekere bepaalde mense van ewigheid af uitverkies het. God het aan hierdie mense, in onderskeiding van ander, in die tyd die geloof in Christus en die volharding geskenk. Soos geskrywe is: “Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het” (Joh 17:6) en: “Daar het gelowig geword almal wat tot die ewige lewe verordineer was” (Hand 13:48). “ Hy het ons uitverkies voor die grondlegging van die wêreld om heilig te wees”. (Ef 1:4)”
Die Remonstantse leer eerbiedig nie wat die Skrif hier sê nie en neem sy uitgangspunt daarin dat die mens nog goed genoeg is om self voor God en Christus te kan kies. Hulle verloën op hierdie manier dat die mens na die sondeval met sy hele hart vyand van God geword het. Dit verloën dat elke mens na die sondeval van homself totaal verdorwe is. Ons sal hierop later in die preke uit die Dordtse Leerreëls terugkom.
Ons het nou vanuit God se Woord gesien hoe die HERE voor die grondlegging van die wêreld in sy onpeilbare liefde mense uitgekies het. Hulle ontvang die geloof en die lewe met Christus. Maar wat doen jy nou in jou lewe as jy begin twyfel aan jou eie uitverkiesing? Jy voel dit in jou lewe as te groot woorde om te sê dat jy uitverkies is want as jy na jou lewe kyk sien jy so baie sondes in jou lewe raak.
Hierdie periode van jou lewe word jy deur ‘n sekere sonde so sterk aangeval en aangeveg. Dit voel asof die HERE so ver weg is want jy gee reelmatig aan hierdie verleiding toe. Kan jy dan nog sê dat jy ‘n uitverkore kind van God is. Mag jy dan nog dink dat die HERE jou uitgekies het? Moet jy dan nie eerder dink dat jy by hulle behoort wat verwerp is nie? Jy val jouself as gelowige so teen. Jy dink: Is ek goed genoeg om een van God se uitverkorenes te wees?
As hierdie angstige vrae in jou lewe opkom. As dit jou so onseker en bang maak, moet ons baie mooi oplet. Dan moet ons daarop let dat ons nie luister na mense wat die leer van die uitverkiesing verdraai nie. Hulle is altyd daar. Artikel 6 sê daarvan: “Verkeerde, onreine en onstandvastige mense verdraai hierdie leer tot hulle eie verderf”.
As jy na jouself kyk en jy raak deur jou sondes in die lewe onseker moet jy nie luister na hulle wat die leer van die uitverkiesing so verdraai en sê: “Man waaroor maak jy jou nou nog sorge. Jy is uitgekies en dan maak dit nie saak hoe jy leef nie. Jou uitverkiesing is onveranderlik en van voor die grondlegging van die wêreld dus maak jou manier van lewe nie regtig saak nie. Broers en susters dit is niks anders as ‘n duiwelse karikatuur van die uitverkiesing. Wie so praat en leef is goddeloos en wys dat hy geen gelowige is nie.
Beteken dit dat jy nou in angs en onsekerheid moet leef? Nee! As jy sondes in jou lewe raaksien, as jy by jouself sien dat jou geloof, jou lewe met die HERE nog baie gebreke vertoon, moet jy in gedagte hou wat ons in die Nagmaalformulier lees: “Sonder twyfel is daar nog baie sondes en gebreke in ons hart en lewe: ons het nie ‘n volmaakte geloof nie; ons dien God nie met so’n ywer as wat ons verskuldig is niel en ons moet daagliks stry teen die swakheid van ons geloof en die sondige begeertes van ons vlees.”
Hierdie wete maak God se uitverkore kind nie gerus en lui nie. Die Heilige Gees wys dit vir jou en werk hartseer oor die sondes in jou lewe en gee jou die wil om steeds weer daarteen te stry. Jy wil groei in die lewe met die HERE. Jy wil Vader in die hemel geen verdriet aandoen nie. As dit so in jou lewe is mag jy weet dat die Here Jesus jou Verlosser is, dat die Heilige Gees in jou werk. Hy werk in jou dat jy jou skuldig teenoor die HERE weet. As jy so leef is dit nie nodig om onseker en bang te wees nie. Jy mag weet dat jy ondanks jou sondes God se uitverkore kind is. Jy kan jouself nie goed genoeg maak vir Sy uitverkiesing nie. Jou uitverkies wees beteken dat Christus vir jou gesterf het en al jou sondes bedek. Jy mag dan ook die volgende woorde van die Nagmaalformulier tot jou woorde maak: “Maar ons het egter deur die genade van die Heilige Gees oor hierdie sonde van harte berou. Ons begeer om teen ons ongeloof te stry en volgens al die gebooie van God te lewe. Daarom mag ons seker wees dat geen sonde of swakheid wat teen ons wil in ons oorgebly het, kan verhinder dat God ons in genade aanneem en waardig maak om deel te hê aan die hemelse voedsel en drank nie.”
God se ewige en genadige uitverkiesing spoor God se kinders juis aan om in liefde vir Hom te lewe, om deur die Heilige Gees gedryf juis nog inniger gemeenskap met Christus te soek. Om nog meer God se onverdiende sondaarliefde te prys.
‘n Ander manier waarop mense die ewige uitverkiesing verdraai is om dit so teken asof dit ‘n muur is waarop mense hulle moet doodloop. Dit sou nou maar net een of ander noodlot wees. Jy moet maar op een of ander besondere teken of ervaring wag om te sien of jy uitverkore is. Al leef jy nog so in liefde met en vir Christus is dit volgens hulle nog nie seker of jy uitverkore is nie. Hierdie leer is niks anders as ‘n duiwelse karikatuur om mense van God te vervreem of om mense vyande van die Bybelse, gereformeerde leer van die uitverkiesing te maak. Die uitverkiesing en die liefdevolle roep van Vader kom tot My staan nie teenoor mekaar nie. Die HERE wat van ewigheid uitgekies het kan met groot erns en bewoënheid in Jesaja 55 sê: “o Almal wat dors het, kom na die waters, en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk! …. Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.” (1,3)
As ‘n mens aan die muur sou dink wat om God se uitverkore volk staan kan ‘n mens dit in ‘n beeld so sien. Bo die poort staan die woorde van Jesaja 55. Die HERE roep almal. As hulle deur die werk van die Gees op hierdie roeping in geloof antwoord en gaan hulle deur die poort binnentoe. As hulle dan agter hulle kyk sien hulle op die muur staan: “God het ons in Christus uitverkies voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees. Deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as Sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van Sy wil, tot lof van die heerlikheid van Sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.” (Ef 1:4-6)
Dan staan God se kind net verwonderd oor God se liefde en gende in Christus. Net vol dank dat die Gees die geloof in jou gewerk het. My broer en suster bly nie buite staan, bly nie op ‘n afstand staan en jou vererg aan die HERE wat kies maar hoor Sy roepstem en leef met Christus. Dan mag jy tot roem van God weet jy is Sy uitverkore kind. Bly nie buite staan sonder die warmte van Sy Goddelike liefde rondom en in jou nie.
AMEN
ORDE VAN DIENST
Votum
Vrede/Zegengroet
Lied 95
Lezing van de wet
Psalm 51: 5,6
Schriftlezing: Efeze 1:1-14
Gebed
Psalm 65:2,3
Tekst: DL I,6,7
Verkondiging van het evangelie
Psalm 55:7,8, 9 (Speelwerk)
Dankgebed
Collecte
Gez 118:1,3
Zegen
Geliefde gemeente van onze Here Jezus Christus, broeders en zusters, jongens en meisjes
De Heilige Geest is over Gods volk uitgestort. Dat heeft Christus onze Verlosser gedaan. Als het goed is zijn wij als gemeente een Geestdriftige kerk. Ben jij een gelovige die echt enthousiast over Christus bent. Zijn wij mensen die met een warm hart het evangelie uitdragen en uitleven. Past bij zo’n kerk en bij het geloof in Christus als de Redder wat we nu in de Dordtse Leerregels gelezen hebben? Past daarbij wat we in dit belijdenisgeschrift over een besluit van verkiezing en verwerping belijden. Past dat bij het blijde evangelie? Past dat bij een leven uit de Geest? Is dit niet allemaal koud en hard? Neemt dit niet alle echte blijdschap weg?
Als dat nu jouw gevoelens zijn is het juist nodig om met nog meer aandacht te luisteren. Dan laten je gevoelens zien dat je niet het goede voelt en denkt over Gods besluit van verkiezing en verwerping. Want dat besluit is juist zo vol van Gods liefde, zo vol van het werk van de Geest. Het is juist heerlijk en prachtig om iets van die onpeilbare liefde van God in dit besluit te zien. Wij belijden ook niet voor niets aan het einde van artikel 6: “de heiligen en godvrezenden ontvangen door dit besluit een onuitsprekelijke troost.”
Laten we vanmorgen als geestelijke mensen, als mensen die in diepe eerbied voor de HERE willen leven naar het evangelie van Gods eeuwig besluit luisteren. Ik wil vanmorgen enkele elementen van artikel 6,7 behandelen en volgende week nog een paar anderen. Het thema van de preek zal deze week en volgende week dan ook hetzelfde zijn.
Ik verkondig jullie het evangelie van Christus onder het thema:
DE HERE HEEFT BEPAALDE MENSEN IN CHRISTUS TOT LOF VAN ZIJN GENADE UITGEKOZEN
- Hij heeft het voor de grondvesting van de wereld gedaan
- Het is de diepste grond voor ons geloof (volgende week)
- Het ligt vast in Christus’aanstelling als Middelaar (volgende week)
- Hij heeft het voor de grondvesting van de wereld gedaan
In het gedeelte hiervoor in de Dordtse Leerregels hebben we gezien dat het geloof een cadeau van God is en het ongeloof onze eigen schuld. We zullen ook de twee verschillende reacties op de verkondiging van het evangelie van daaruit moeten beoordelen.
De vraagt komt op: waarom geeft de HERE in Zijn grote liefde aan zondaren het cadeau van het geloof? Is de HERE in het geven daarvan een grillige, onwillekeurige God? Is Hij de God die op een bepaald ogenblik er zomaar zin in heeft iemand iets te geven. Die op een ander moment zich niet zo lekker voelt en dan maar besluit om andere mensen dat cadeau niet te geven. Is de HERE zo?
Nee! Elke gedachte aan willekeur en oneerlijkheid moeten we uit ons hoofd zetten als het om de Here God gaat. Het is niet zo dat de HERE de ene dag anders denkt en doet als op een andere dag. Het is niet zo dat de HERE aan stemmingen onderhevig is. Het geloof dat iemand krijgt gaat terug op Gods liefdevolle verkiezing. Op Zijn genadige besluit van verkiezing dat Hij “voordat de wereld gegrondvest werd” genomen heeft.
Om dat goed te kunnen zien, is het nodig om naar de tijd van de schepping terug te gaan. De HERE maakt de mens dan goed. Er is niets verkeerd aan de mens. De mens is zelfs tot het hoogste schepsel door God gemaakt. Hij is naar het evenbeeld van God geschapen. De mens is dan zo geschapen dat hij elke verleiding kan weerstaan. Dan komt de zonde. Die zonde die een geweldige macht in het leven van de mensen wordt, hebben we aan onszelf te danken. Dat is onze eigen schuld.
Niets wat er in de geschiedenis gebeurt, is voor de HERE een verrassing die Hem overvalt. Er is niets dat Hem zo verrast dat Hij het niet in de hand kan houden. Het is juist daarom dat Hij in Zijn besluit voor de grondvesting van de wereld ook rekening met de zonde gehouden heeft. De HERE kent de geschiedenis van eeuwigheid af zonder dat Hij een enige manier verantwoordelijk voor iets verkeerds is. Ondanks dat de HERE wist dat mensen door eigen schuld in zonde zouden vallen nog mensen uitgekozen in Zijn liefde. Als de HERE niet besloten had dat Hij uit de mensen die voor de duivel en de zonde gekozen hadden nog mensen zou uitkiezen, zou ieder mens nu met zijn hele hart, met al zijn krachten en met zijn hele verstand de zonde liefhebben.
Het gaat in Gods besluit van voor de grondvesting van de wereld om Zijn eeuwige liefdeskeuze. Zijn keuze in liefde in en door Jezus Christus Zijn Zoon. We lezen dat heel duidelijk in Efeze 1: “Gezegend zij de God en Vader van onze Heer Jezus Christus, die ons in de hemelsferen, in Christus met talrijke geestelijke zegeningen heeft gezegend. In Christus immers heeft God, voordat de wereld gegrondvest werd, ons vol liefde uitgekozen om voor hem heilig en zuiver te zijn.” Vs 3,4. Dat de hemelse Vader dit besluit van eeuwigheid af genomen heeft, wordt ook in 2 Tim 1:9 benadrukt: “Hij heeft ons gered en ons geroepen tot een heilige taak, niet op grond van onze daden, maar omdat Hij daartoe uit genade besloten had. Deze genade was ons al voor alle tijden gegeven in Christus Jezus.”
De HERE is de eeuwige God en dat betekent dat als Hij van eeuwigheid een besluit neemt dat zekerheid, vastheid geeft. Hij is de God die de Eeuwige en onveranderlijke is. Hij is niet de God die zich de ene dag zo voelt en de andere dag weer anders. Hij is niet de God die steeds weer andere besluiten neemt. Jij mag in geloof in de HERE en Zijn liefdeskeuze rust en vrede vinden. Je ziet hier ook hoe verkeerd het is om zo over Gods besluit van uitverkiezing te denken en te spreken dat het jou en anderen tot onzekerheid en twijfel brengt. Je mag nooit zo met Gods uitverkiezing omgaan dat je zegt: Ik kan niet in het besluit van Gods verkiezing kijken dus kun je er als mens nooit zeker van zijn dat jij bij Gods uitverkoren kinderen hoort. Dat je zou zeggen: niemand kan zeker van zijn uitverkiezing zijn. Dan gebruiken wat de HERE ons geleerd heeft helemaal verkeerd. Gods verkiezing is er juist en leert de HERE ons juist om ontzettend dankbaar te kunnen zijn. Om vol verwondering te zeggen: Waar heb ik het aan te danken dat ik geloof? Aan de HERE alleen. Aan Zijn heerlijke onverdiende liefdeskeuze van eeuwigheid af voor mij. De Drie-enige God zij geprezen.
Calvijn gebruikt het beeld van Christus als spiegel van onze uitverkiezing. Als jij in liefde naar Christus kijkt. Hem als de Redder van je leven volgt. Zijn onderwijs ter harte neemt zie je je eigen uitverkiezing. Het is Gods uitverkiezing dat jij van Christus houdt en Hem wilt volgen in alle dingen van je leven. Gods eeuwige uitverkiezing geeft de heerlijke zekerheid dat Hij Zijn volk nooit vergeet en nooit verlaat. Er zijn momenten of perioden in ons leven dat we dat soms heel anders voelen. Juist als zulke gevoelens en gedachten je bekruipen is goed om bij jezelf in gedachte te brengen wat we lezen in Jes 49: “Sion zegt: De HEER heeft mij verlaten, mijn Heer is mij vergeten. Maar kan een vrouw haar zuigeling vergeten of harteloos zijn tegen het kind dat zij droeg? Zelfs al zou zij het vergeten, Ik vergeet jou nooit. Ik heb je in Mijn handpalm gegrift, je muren staan Mij steeds voor ogen.” Vs 14-16
Je ziet hier hoe warm en genadig Gods hart voor Zijn kinderen klopt. Hoe warm dat klopt in het besluit van Zijn verkiezing. Het is een en al liefde van de Drie-enige en eeuwige God.
Maar wat dan van de ongelovigen? Wat dan van de mensen die deel zijn van Gods besluit van verwerping? Dan is het weer zo belangrijk dat je er op let dat het om mensen gaat die in hun eigen zonden blijven leven. Die blijven leven tegen de wil van God in. Let ook op de formulering in art 6: “Maar volgens datzelfde besluit laat Hij hen die niet zijn uitverkoren, uit kracht van Zijn rechtvaardig oordeel over aan eigen slechtheid en hardheid.” Weer zie je duidelijk dat de schuld voor het verloren gaan niet bij God ligt. We mogen bij Hem de schuld niet gaan zoeken. Het gaat om mensen die zichzelf in deze positie gebracht hebben! Het is alleen liefde, onverdiende goedheid dat de HERE bepaalde mensen uit die ellende, die verlorenheid haalt. We moeten nu niet een of andere fout of onrechtvaardigheid bij de HERE gaan zoeken. Er is juist alle reden om dankbaar en blij te zijn dat je door het geloof, door Gods liefde gered wordt. De andere mensen blijven in de situatie waarin ze zichzelf gebracht hebben.
Je ziet juist in onze tijd dat de leer van de remonstranten toen ook veel invloed heeft in kerken en bij mensen die nu christen willen zijn. Toch is het belangrijk om te zien dat wat er dan geleerd en gezegd wordt niet in overeenstemming is met wat de Heilige Geest zelf ons leert. Laten we eerst even goed kijken naar een van de dwalingen van de remonstranten die in de Dordtse Leerregels genoemd wordt: “God wil de mensen redden die tot geloof zullen komen en zullen volharden in dat geloof en de gehoorzaamheid van het geloof. Deze wil van God is het volledige besluit van de uitverkiezing tot behoud en iets anders is hierover in het Woord van God niet geopenbaart.” VdD I,1
De dwaling is dus dat gezegd en geleerd wordt dat de uitverkiezing niet meer is dan dat God besloten heeft: als mensen gaan geloven en blijven geloven in Christus kies Ik ze uit. Dan kies Ik ze tot het eeuwige leven uit. Let er goed op dat het geloof dan nog altijd het werk van de mens is. God is dan na het werk van de Here Jezus op aarde niet meer dan een toeschouwer. Hij kijkt wat er op het veld gebeurt en neemt naar aanleiding daarvan dan Zijn beluit of Hij iemand uitkiest of niet. Het geloof is dan niet volledig het cadeau van God voor jou. Jij moet op je eigen geloofskracht en je eigen goede werken bouwen. Je moet er eens op letten hoe sterk onze belijdenis op deze verkeerde leer reageert. Dat is ook een belangrijke aanwijzing voor ons hoe wij hierop hebben te reageren als we breed om ons heen zien dat mensen dezelfde gedachte aanhangen. We belijden tegenover deze leer die we breed om ons heen zien het volgende: “Met deze leer misleiden zij de eenvoudige mensen en gaan zij duidelijk tegen de Schrift in. Want de Schrift getuigt dat God niet alleen hen die tot geloof zullen komen, wil redden, maar dat Hij ook een vast aantal mensen van eeuwigheid uitgekozen heeft. In dit leven schenkt Hij hun in onderscheiding van anderen het geloof in Christus en de volharding. Er staat immers geschreven: Ik heb uw naam geopenbaard aan de mensen die U Mij uit de wereld gegeven hebt (Joh 17:6). En: allen die bestemd waren ten eeuwige leven, kwamen tot geloof (Hand 13:48). En: Hij heeft ons immers in Hem uitverkoren voor de grondlegging van de wereld, opdat wij heilig en onberispelijk zouden zijn voor Zijn aangezicht. (Ef 1:4)
De Remonstrantse leer neemt zijn uitgangspunt niet in wat de Bijbel hier zegt maar daarin dat de mens nog goed genoeg is om zelf voor God en voor Christus te kiezen. Op deze manier wordt in de praktijk ontkent dat wij als mensen na de zondeval met ons hele hart vijanden van God geworden zijn. Dat ieder mens na de zondeval van zichzelf echt helemaal verdorven is.
We hebben vanmorgen vanuit Gods eigen Woord gezien dat de HERE voor de grondvesting van de wereld in Zijn geweldige liefde mensen uitgekozen heeft. Zij krijgen het geloof en het leven met Christus. Maar wat doe je nu in je eigen leven als je twijfelt aan je eigen uitverkiezing? Je voelt je niet zo gelovig. Je ziet bij jezelf nog zoveel twijfel, zoveel halfheid. Je weet eigenlijk niet of je wel een christen bent. Misschien vraag je je zelfs wel af of je echt een christen wilt zijn. Om dan over uitverkiezing te praten voelt als veel te veel. Te grote woorden.
Het kan ook zijn dat je in een periode van je leven zit waarin verlangens naar dingen die de HERE zonde noemt heel sterk aanwezig zijn! Je voelt hoe dat aan je trekt. Hoe je er door meegenomen wordt. Kun je dan zeggen dat je een uitverkoren kind van God bent? Mag je zelfs dan nog wel denken dat God je uitgekozen heeft? Moet je dan niet eerder denken dat je hoort bij de mensen die God verworpen heeft? Je valt jezelf als gelovige zo tegen. Je denkt; Ben ik wel goed genoeg om een van Gods uitverkoren kinderen te zijn?
Deze vragen kunnen heel indringend en misschien wel beangstigend op je af komen. Als deze dingen in jouw leven spelen. Misschien vertel je er een ander nooit over. Of je doet juist stoer en zegt dat je niet zo gelovig bent maar in je hart voer je toch strijd. Juist dan is het zaak dat je nu goed oplet. Dan is het belangrijk dat je niet luistert naar mensen die de leer van de uitverkiezing verdraaien. Die zijn er altijd weer. In art 6 belijden we daarover: “Terwijl slechte, verdorven en onstandvastige mensen dit besluit verdraaien tot hun eigen verderf.”
Als je naar jezelf kijkt kun je door de zonden in je leven onzeker worden. Dan is het belangrijk om niet naar mensen te luisteren die verkeerd over de HERE en Zijn verkiezing spreken. Dan komt er bijvoorbeeld iemand die tegen je zegt: “Waar maak je je nu druk over man. Je bent uitgekozen en dan maakt het eigenlijk niet zoveel uit hoe je leeft. Jouw uitverkiezing is onveranderlijk en voor altijd dus maakt je manier van leven echt niet zoveel uit.”
Broeders en zusters, jongens en meisjes zulke praatjes zijn niet meer en minder dan duivelse woorden. Wie zo spreekt en doet, is goddeloos bezig. Hij leeft niet als een gelovige.
Betekent dit nu dat je dus in onzekerheid moet leven? Altijd weer ergens de angst dat je niet bij de door Christus geredde behoort?
Nee! Als je de zonden in je eigen leven ziet. Als je heel goed ziet dat jouw geloof, jouw leven met Christus nog veel gebreken vertoont. Maar je weet dat je met de HERE wil leven! Je hart gaat naar Hem uit moet je eens denken aan wat er in het eerste avondmaalsformulier staat: “En zonder twijfel zijn er nog veel zonden en gebreken in ons hart en leven: wij hebben geen volkomen geloof; wij dienen God niet met zoveel ijver als wij verplicht zijn en wij hebben dagelijks met de zwakheid van ons geloof en de kwade begeerten van ons vlees te strijden.”
Als je dat bij jezelf als gelovige ziet, maakt dat je niet onverschillig en lui. De heilige Geest zelf laat jou dat dan zien en dat zorgt dan voor verdriet in je leven. Verdriet over je zonden en je wilt daarom juist tegen die zonden in je leven vechten. Je wilt groeien in je leven met de HERE. Je wilt je Vader in de hemel geen verdriet aandoen. Als je zo leeft en strijdt mag je juist zeker weten dat de Here Jezus je Verlosser is. Dat de Heilige Geest in je aan het werk is. Hij zorgt ervoor dat jij je schuldig tegenover God weet. Hij zorgt ervoor dat jij juist om vergeving vraagt en om weer vol liefde gehoorzaam aan Christus te willen zijn. Wanneer je zo leeft is het niet nodig om onzeker en bang te zijn. Dan mag je het echt zeker weten dat je ondanks de zonden die je nog in je leven ziet en die je aan God belijdt een uitverkoren kind van Hem bent. Het is niet zo dat jij jezelf eerst goed genoeg moet en kunt maken om daarom door God uitgekozen te worden. Jouw uitverkoren zijn betekent dat Christus ook voor jou gestorven is en al jouw zonden met Zijn offer bedekt.
Dan mag je ook de volgende woorden in het avondmaalsformulier je eigen maken: “Maar wij hebben door de genade van de Heilige Geest over deze zonden van harte berouw. Wij begeren tegen ons ongeloof te strijden en naar alle geboden van God te leven. Daarom mogen wij er vast van verzekerd zijn, dat geen zonde of zwakheid, die nog tegen onze wil in ons overgebleven is, kan verhinderen, dat God ons in genade aanneemt en ons waardig keurt aan deze hemelse spijs en drank deel te hebben.”
Gods eeuwige en genadige verkiezing spoort Gods kinderen juist aan om in liefde voor Hem te leven. Om door de Geest gedreven nog inniger contact met Christus te hebben. Om nog meer Gods onverdiende liefde voor zondaren te prijzen.
Een manier waarop mensen ook Gods eeuwige uitverkiezing verdraaien is om er zo over te praten dat het een muur is waarop je je stukloopt als mens. Het zou niets anders dan een soort noodlot zijn. Een lot uit de loterij. Je moet op iets bijzonders in je leven wachten om zeker van je kind van Gods zijn te kunnen zijn. Dat is niet anders dan een duivelse karikatuur om mensen eigenlijk bij de HERE weg te houden. Om mensen tot tegenstanders van de bijbelse en daarom gereformeerde leer van de uitverkiezing te maken. De uitverkiezing en Gods liefdevolle oproep om tot Christus te komen staan nooit tegenover elkaar. De HERE die van eeuwigheid uitgekozen heeft, zegt met grote ernst en bewogenheid in Jes 55: “Hierheen! Hier is water, voor ieder die dorst heeft. Kom, ook al heb je geen geld. Koop hier je voedsel en eet. Kom, koop voedsel zonder geld, koop wijn en melk zonder betaling. Leen me je oor en kom bij Mij, luister en je zult leven. Ik sluit met jullie een eeuwigdurend verbond, als bevestiging van Mijn liefde voor David. Vs 1,3
Als je aan het beeld van een muur denkt. Een muur die om het door God uitverkoren volk staat, kun je het je zo voorstellen: Boven de poort in de muur aan de buitenkant staan de woorden van Jes 55. De HERE roept iedereen. Hij doet dat echt gemeend. De gelovigen die door het werk van de Geest op deze oproep met geloof reageren gaan door de poort naar binnen. Als ze binnen zijn kijken ze achterom en zien ze op de binnenkant het volgende staan: “In Christus immers heeft God, voordat de wereld gegrondvest werd, ons vol liefde uitgekozen om voor hem heilig en zuiver te zijn, en hij heeft ons naar zijn wil en verlangen voorbestemd om in Jezus Christus zijn kinderen te worden, tot eer van de grootheid van Gods genade, ons geschonken in zijn geliefde Zoon.” Vs 4-6
Dan sta je als kind van God verwonderd over de liefde van God. De genade in Christus waarin jij mag delen. Vol dank dat de Geest zo in jou heeft gewerkt. Mijn broeder of zuster, jij die nog jong bent blijf niet op een afstand staan. Kijk niet als een toeschouwer naar de HERE, naar Christus, naar de gemeente. Erger je ook niet aan die HERE die uitgekozen heeft. Luister intens naar Zijn oproep van liefde om je leven te veranderen, om te geloven te leven met Christus. Geef daarop het antwoord van geloof! Dan mag je nu al tot de grootheid van Gods genade weten dat jij zijn uitverkoren kind bent. Blijf niet buiten staan zonder de warmte van Gods liefde om Christus om je heen!
AMEN