Opening
Vrede/Seëngroet
Psalm: 89:1,6
Gebed vir die opening van die Woord
Skriflesing: Handelinge 15:1-12
Psalm: 87
Skriflesing: Romeine 11:1-8
S.B. 18:1,2,3,4
TEKS: DORDTSE LEERREËLS I,8,9
Preek
Geloofsbelydenis (sing)
Dankgebed
Kollekte
Psalm 27:1,6
Seën
Broers en susters, geliefdes in die Here Jesus Christus
Wat is ‘n bron? Wat is ‘n fontein? Ons weet almal dat uit ‘n bron en ‘n fontein water kom. ‘n natuurlike bron en fontein is iets waarin ons geen wat gooi om daar water uit te kry nie. So’n bron of fontein van lewende water word deur die reën en die grondwater gevoed en bly steeds weer stroom. Ons gebruik van daardie water maar so’n brond en fontein is nie afhanklik van water wat ons daarin bring nie.
Artikel 9 noem die uitverkiesing: “die bron van alle saligheid waaruit geloof, heiligheid en al die ander saligmakende gawes, en uiteindelik die ewige lewe self, as vrugte en gevolge daarvan vloei.” As ‘n mens dan ook nog let op artikel 1 van die Nederlandse Geloofsbelydenis sien ‘n mens raak dat die uitverkiesing God se werk is, dat Hy daarvan die fontein is. Ons bely daar van God dat Hy “goed is en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.” God se werk is goed, Sy uitverkiesing is ‘n heerlike en goeie werk van Hom.
Nogtans sê mense somtyds: Die uitverkiesing is nie so belangrik nie. Die praat daaroor maak maar net verskille tussen Christene. Dit was ook die manier waarop baie Remonstrante in die sewentiende eeu gepraat het. Hulle het hul gedagte oor die uitverkiesing gehad maar dadelik gesê dat dit nie belangrik genoeg is om skeiding te maak nie. Mense moet mekaar oor hierdie saak in die kerk verdra. Ons moet raaksien dat ons so nie kan en mag praat nie want dit raak die HERE, dit raak wat Hy doen en wie Hy is. Dit raak ook die sekerheid wat God se kinders van hulle geloof mag hê. Die uitverkiesing mag in die kerk nie iets wees waarvan ons sê dat dit nie baie saak maak wat ons daarvan dink nie. Dit klink goed en vroom om te sê dat dit net daarom gaan dat Christus gepreek word en mense opgeroep word tot bekering en dat dit dan nie meer so baie saak maak hoe die uitverkiesing bely word nie. Dit is in die lig van God se eie Woord nie reg nie. Daarom gaan ons nou ook verder met die behandeling van die Dordtse Leerreëls en sien hoe heerlik en belangrik dit is om God se werk van uitverkiesing te mag ken!
Ek verkondig vir julle Christus se evangelie onder die tema:
DIE HERE WAT VERKIES IS DIE FONTEIN VAN ALLES WAT GOED IS
- Daarom is daar een uitverkiesing tot saligheid
- Daarom is Sy verkiesing nie voorwaardelik nie
- Daarom is die verkiesing meer as alwetendheid
- Daarom is daar een uitverkiesing tot saligheid
Waar het vir die Remonstrante en baie voor hulle en na hulle die probleem van die uitverkiesing gelê? Dit gaan steeds weer oor die plek van die mens. Mense wil nie aanvaar dat die mens uit homself nie aan sy uitverkiesing kan bydra. Hulle voel dat as ons geloof, ons saligheid aan niks anders as God te danke is nie, dit aan die mens en sy plek kort doen. Die mens moet ‘n deel self kan doen. Hiermee hang dan ook altyd saam dat hierdie mense nie wil aanvaar dat elke mens totaal verdorwe is en van homself niks goeds kan doen nie maar geneig is tot alle kwaad. Hier alleen al sien jy hoe belangrik dit is dat in Christus se kerk die uitverkiesing volgens God se eie Woord suiwer bely en beleef word. Ander gedagtes oor die uitverkiesing veroorsaak ook op ander punte verkeerde leer.
Die Remonstrante en baie van hulle wat vandag sê dat geloof iets is wat die mens in sy eie krag kan doen, ken die Bybel te goed om die woord uitverkiesing heeltemal weg te laat. Hulle ken hierdie woord vanuit die Bybel en gee dan daaroor hulle eie gedagtes. Ek gaan nou nie die hele leer van die Remonstrante in detail vir julle weergee nie want dan kry ons met allerhande ingewikkelde beskouinge te doen. Hulle het naamlik in hulle leer van baie onderskeidings gebruik gemaak. Ek wil net twee dinge noem om dit enigsins duidelik te maak.
Hulle het binne die uitverkiesing o.a. ‘n onderskeid gemaak tussen die uitverkiesing vanweë geloof en die uitverkiesing tot saligheid. Wat was vir die Remonstrante daarin nou die verskil?
Die uitverkiesing vanweë die geloof was dat die HERE op ‘n sekere oomblik sien dat iemand begin glo. Hy kies hom dan uit. Daardie persoon is dan voorlopig God se uitverkore kind. Die probleem is nou dat nog nie seker is of hierdie mens sal bly glo nie. Dit is dus ‘n voorlopige uitverkiesing. As hy na ‘n rukkie nie meer glo nie is sy uitverkiesing weer verby. Bly hierdie man of vrou glo dan kom die verkiesing tot saligheid en dit is dan die definitiewe uitverkiesing. By alles bly God afhanklik van dit wat die mens doen. Ons kom daarop nog in die derde punt terug. Een saak is duidelik dat volgens die Remonstrante die uitverkiesing allerhande verskillende sake is. Volgens hulle sou die uitverkiesing in die tyd van die Ou-Testament ook nog weer anders gewerk het as na Christus se werk. Die Ou-Testament was volgens hulle ook minder as die Nuwe Testament.
Ook hierteen moet ons vanuit God se eie Woord protesteer. Die HERE is in die Ou-Testamentiese tyd nie anders as vandag nie en Hy handel ook nie anders nie. Die geloof was vir die broers en susters in die Ou-Testamentiese tyd dieselfde as vandag. Hulle het nie ‘n ander geloof gehad nie en hulle het ook nie op ‘n ander manier tot geloof gekom nie. Ook toe het die HERE Sy uitverkorenes deur die Heilige Gees met krag tot geloof gebring en dit deur die verkondiging van Sy Woord gedoen. Die verlossing deur die Here Jesus alleen, deur Sy bloed alleen is daar vir God se uitverkorenes van alle tye op dieselfde manier. Op dieselfde manier vir die Jood en vir die Christen uit die heidene. Petrus beklemtoon dit in Handelinge 15 as hy sê: “En God het geen onderskeid tussen ons en hulle (gelowiges uit die heidene) gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof. …. Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.” (9,11) Die gelowiges wat voor Christus se werk geleef het, word al dadelik by hulle sterwe toegereken wat Hy gaan doen. Sy uitverkorenes in die tyd van die Ou-Testament het die HERE so behandel asof Christus al gesterf en opgestaan het. Ons kan dit o.a. in Rom 3:25 lees: “God het Christus Jesus voorgestel in sy bloed as versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God.” Die hele kerk, wat tot die ewige lewe uitgekies is (vr/ant 54) is deur die een uitverkiesing van God Sy volk wat deur die geloof aangenaam vir Hom is.
Waaroor gaan nou hierdie uitverkiesing? Het die HERE net besluit dat sekere mense salig gaan word en ander nie? Staan die besluit om iemand salig te maak eintlik los van ‘n mens se geloof? Dit is verseker nie so nie. Kyk wat ons in die tweede deel van art 8 bely: “Hiervolgens het Hy ons van ewigheid af uitverkies tot genade sowel as tot die heerlikheid, tot die saligheid sowel as tot die weg van die saligheid wat Hy voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. (Ef 1:4,5; 2:10)”
Die HERE kies iemand nie sonder geloof en die lewe vanuit die geloof in goeie werke uit nie. Ons mag dit op geen enkele manier van mekaar skei nie. Die HERE is die fontein van alles wat goed is. Dit beteken dat die uitverkiesing ook die geloof en die lewe vanuit die geloof omvat. Enige vertroue en lewe met God , elke werk wat jy en ek vanuit die verbondenheid aan Christus doen is gevolg van Sy uitverkiesing. Ons lees dit byvoorbeeld in Efese 2:8-10: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie; dit is die gawe van God.” Hier sien ‘n mens dat jou geloof ‘n geskenk is, God se genade, gevolg van God se uitverkiesing. Nou gaan dit ook oor die lewe uit die geloof: "“ie uit die werke nie, sodat niemand roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.” Die goeie werke wat God se kinders doen is nie iets waarmee hulle verdien nie maar is die werke wat Hy vir ons gee om te doen, dit doen God se uitverkore kinders nie uit hulle eie krag nie maar omdat Hy dit voorberei het.
Wie God uitgekies het, glo en doen goeie werke omdat Hy die fontein van alles wat goed is. Wie nou gaan sê dat die mens meer gewaardeer moet word en God se verkiesing van die mens se geloof en goeie werke afhanklik gaan maak, eer die HERE nie soos Hy is en Homself geopenbaar het nie. Hy dink teveel van homself en ander mense. Die HERE en Sy genade kom alle roem toe en niks anders nie. Ons sien dit ook raak as ons sien dat God se uitverkiesing nie voorwaardelik is nie. Ons let daarop in die tweede punt.
- Daarom is Sy verkiesing nie voorwaardelik nie.
Die remonstante en ook vandag baie kerke en groepe beklemtoon dat ‘n mens uitverkies word op grond van geloof. Jy moet glo, jy moet God gehoorsaam wees om deur Hom uitgekies te word. Weer moet ‘n mens sê dat dit mooi en gelowig klink maar is dit wat die HERE ons self in Sy Woord leer?
Let op die eerste deel van art 9: “Hierdie uitverkiesing het nie op grond van ‘n vooruitgesiende geloof, geloofsgehoorsaamheid, heiligheid of enige hoedanigheid of ooreenkoms tot stand gekom asof dit as rede of voorwaarde vir die uitverkiesing van die mens vereis is nie.”
Dit gaan daarom wat is eerste daar en wat moet eerste daar wees. Is daar eerste geloof waarom God daardie mens uitkies of is die geloof die gevolg van God se onverdiende liefdeskeuse vir my en jou. Die antwoord moet wees dat elkeen wat glo sy geloof vir die volle honderd present aan die HERE te danke het. Die HERE is die fontein en uit Hom kom die uitverkiesing wat die bron vir jou geloof, vir jou liefde vir Christus en God se gebooie is. Sonder Sy onmoemlike liefde in Sy verkiesing sou ek geen enkele liefde vir Christus hê nie. Sou ek hier as God se vyand in die wêreld leef. Laat ek twee voorbeelde noem vanuit die Bybel waar ons dit ook kan sien.
Die eerste is Abraham. Abraham word in die Bybel die vader van die gelowiges genoem. Het die HERE vir hom geroep en uitgekies omdat hy so gelowig was? Nee, want op die oomblik dat die HERE hom uit Ur van die Chaldeërs roep, mankeer daar baie aan Abraham se geloof. Dan dien hy selfs ander gode. Ons lees dit in Josua 24:2: “So sê die HERE, die God van Israel: Oorkant die Eufraat het julle vaders van oudsher gewoon - Ter–, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het ander gode gedien.” Die HERE roep die Abraham wat ander gode dien en bring hom omdat hy een van God se uitverkore kinders is tot geloof.
Ons sien dit ook by Paulus. Paulus het die Here Jesus en sy volgelinge vanuit die grond van sy hart gehaat. Dit was vir hom ‘n vreugde en ‘n voorreg om die christene te kan vervolg en daaraan te kan meewerk om hulle in die tronk te gooi of selfs te laat doodmaak. Die man wat so vol haat teen die Christus is, is ‘n uitverkore kind van God. Dit word ook duidelik want op pad na Damaskus is dit Christus self wat hom vanweë sy uitverkiesing tot geloof bring. Hy kom tot radikale bekering om dat God Hom eerste in Sy liefde uitverkies van. Dit het van voor die grondlegging van die wêreld gebeur. Ook dit maak al duidelik hoe verkeerd dit is om te sê dat mense nog uitverkies word. Hulle is uitverkies.
Ek noem nou nog enkele tekste in die Skrif wat dit ook vir ons wys:
As Paulus skryf oor Jakob en Esau wat in Rebekka as ‘n tweeling groei, wys hy daarop dat die een verkies was en die ander nie. Dan skryf hy in Rom 9:11: “Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie – dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep”.
Dink ook aan dit wat die Here Jesus vir Sy leerlinge in Johannes 15 sê: “Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle kan bly, sodat wat julle ook al in my Naaam vra, Hy julle dit kan gee.”
God se genadige uitverkiesing in Christus is die bron vir die geloof en alles wat daaruit voortkom. Die HERE is nie net die God wat vir mense moontlikhede gegee het en nou as ‘n toeskouer op ‘n paviljoen sit en kyk wie aan Sy voorwaardes voldoen en daarom deur Hom uitgekies word nie. Ons sien dit nou in die derde punt.
- Daarom is uitverkiesing meer as alwetendheid
Volgens die Remonstrante kon die Bybel van uitverkiesing praat omdat die HERE alwetend is. Dit is nie so dat die HERE alles beheer en in Sy hand hou nie maar Hy weet wel alles wat gaan gebeur. Die HERE het daarvoor gesorg dat die Here Jesus gekom het en Sy werk van verlossing gedoen het. Die HERE het toe as voorwaarde vir die ewige lewe gestel dat mense in die Here Jesus sal glo. Elkeen wat dit doen, word deur Hom tot die ewige lewe uitgekies. God kan die name van al die uitverkorenes al in die boek van die lewe skryf. Hoekom omdat Hy in Sy alwetendheid weet aan Sy voorwaardes en moontlikhede sal voldoen. Dit is die saak van die vooruitgesien geloof waar art 9 van praat.
Hier word die HERE nie geeer as die God wat die fontein van alles wat goed is nie. Dit is nie waar dat die HERE net moontlikhede en voorwaardes gegee het nie. Dit is nie so dat die HERE net Christus gegee het en dan sê: Ek het nou sover na julle toegekom en nou moet julle in eie krag na Christus toekom nie.
Die arme volk wat hierdie prediking moet hoor. ‘n Prediking waar mense net op hulleself teruggewerp word. Waarby ek om myself moet bou. Dan sien ek steeds weer eie swakheid, dan sien ek steeds weer my sondes, dan sien ek dat ek nie in my krag tot Christus kan kom nie. Dit sorg vir radelose en onsekere mense.
Hoe arm is die volk wat so’n prediking moet hoor want hulle word hoogmoedig gemaak en dink dat hulle beter as ander is en vir ‘n deel vir hulle eie saligheid kan sorg.
Hoe Godonterend is so’n prediking. Die HERE aan wie ‘n gelowige alles te danke het word nie so geeer nie. Hier sien ons in enkele sake en ons kan nog baie meer noem hoe belangrik die regte sig op die HERE wat uitgekies het, is.
Hier sien jy ook dat jy al jou vertroue op jouself en die mens in die algemeen weg moet doen. Die HERE roep jou tot bekering as jy tog nog op jouself vertrou. Dan staan jy naamlik buite die gemeenskap met Christus. Dan vertrou jy nog op jou eie werk. Die goeie werke wat jy doen is ook God se present vir jou wat Hy in jou en deur jou werk. Laat jou vertroue op die HERE alleen wees. Dan sien jy wat ons in Rom 11:6 gelees het: “En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.”
Wie die HERE deur Sy liefde in Christus ken, leer om te roem in God se genade en liefde en nie in sy eie geloof en geloofskrag nie! Wie roem roem in die HERE en in Hom alleen!
AMEN
Vrede/Zegengroet
Psalm 89:1,6
Lezing van de wet
Gez 156
Schriftlezing: Handelingen 15:1-12
Romeine 11:1-8
Gebed
Psalm 87
TEKST: DORDTSE LEERREGELS I,8,9
Verkondiging van het evangelie
Lied 78:1,2,3
Dankgebed
Collecte
Psalm 27:1,7
Zegen
Geliefden in de Here Jezus Christus, broeders en zusters, jongens en meisjes
Wat is een bron? Wat is een fontein? We weten allemaal dat uit een bron en een fontein water komt. Zo’n bron waaruit stromend water komt wordt door de regen en het grondwater gevoed. Het water blijft er steeds weer uitstromen. Zo hebben ook de grote rivieren ergens een bron waar die rivier ontspringt. Zo’n bron is niet afhankelijk van het water dat wij erin brengen.
In artikel 9 wordt de uitverkiezing zo’n bron genoemd: “Deze uitverkiezing is dus de bron van al het goede, dat tot behoud leidt. Daaruit komen als vruchten het geloof, de heiligheid en de andere heilsgaven en tenslotte het eeuwige leven voort.”
Als je dan ook nog eens op art 1 van de NGB let zie je hoe de uitverkiezing niet maar een of ander idee is. Maar dat die van God komt! De HERE is daarvan de bron, de fontein. We belijden namelijk in art 1 op grond van Gods eigen Woord van de HERE dat Hij “volkomen wijs is, rechtvaardig en goed, en een zeer overvloedige fontein van al het goede.”
Gods werk is goed. Zijn uitverkiezing is een heerlijk en goed werk van Hem. Dat zeg ik nu wel maar toch hoor je mensen soms zeggen: Die uitverkiezing is niet zo belangrijk. Daarover praten zorgt alleen maar voor verschillen tussen christenen en kerken.
Dat was ook de manier waarop veel remonstranten in de 17e eeuw spraken. Zij hadden hun eigen gedachten over de uitverkiezing maar zeiden er vaak meteen bij dat het allemaal niet zo belangrijk was en zeker niet om daardoor scheiding te krijgen. Het was volgens hen belangrijk om daarin heel verdraagzaam te zijn. Dat lijkt ook in onze tijd heel aantrekkelijk. Waarom zou je over zo’n punt moeilijk doen wordt er dan gezegd. Toch is dat niet terecht want het gaat hier wel om de HERE zelf. Het gaat hier over zaken die de HERE en ook de Here Jezus ons heel duidelijk geleerd heeft. Dat was ook Goddelijke wijsheid, dat was toch niet zomaar iets!
Deze dingen raken je leven met de HERE, raken je geloof heel diep. Het raakt o.a. de zekerheid die je als kind van God mag hebben. Het is niet goed als we in de kerk er van zeggen dat het niet veel uitmaakt hoe we hierover denken. Het klinkt goed en ook heel sympathiek, dat voel je ook in jezelf, als er gezegd wordt: het gaat er toch alleen om dat Christus verkondigd wordt en mensen opgeroepen worden om te geloven. Dan maakt het toch allemaal niet veel uit hoe er over de uitverkiezing gesproken wordt. Juist als je ziet wat er in de artikelen die we nu bespreken op grond van wat de Geest ons in de Bijbel leert beleden wordt, zie je dat het niet goed is om zo te denken.
Ik verkondig jullie het evangelie van Gods liefde onder het thema:
DE HERE DIE VERKIEST IS DE FONTEIN VAN ALLES WAT GOED IS
- Daarom is er uitverkiezing tot behoud
- Daarom is Zijn verkiezing niet voorwaardelijk
- Daarom is de uitverkiezing meer dan alwetendheid
- Daarom is er uitverkiezing tot behoud
Waarin lag voor de remonstranten honderden jaren geleden en voor velen in onze tijd een groot probleem als het om de uitverkiezing gaat? Dat is heel vaak de plaats van ons als mensen. Het is voor ons zo vreselijk moeilijk om te aanvaarden dat wij uit onszelf niets kunnen bijdragen aan onze uitverkiezing. Dan komt bij ons het gevoel op dat aan mensen tekort gedaan wordt. Je moet toch zelf ook iets daaraan kunnen doen. Je bent toch geen nul! Daarmee hangt altijd weer samen dat mensen niet willen aanvaarden dat ze echt helemaal verdorven, verrot zijn. Dat we uit onszelf tot niets goeds in staat zijn en geneigd tot alle kwaad. Je ziet hier weer hoe belangrijk het is dat we als kerk van de Here Jezus de uitverkiezing zuiver volgens Gods Woord belijden en ook al meer beleven. Ander gedachten over de uitverkiezing zorgen ook voor verkeerde gedachten op andere punten.
De remonstranten en ook velen vandaag die zeggen dat geloven toch vooral iets is dat je eigen werk is, kennen de Bijbel te goed om het woord uitverkiezing helemaal weg te laten. Ze kennen het woord uit de Bijbel en komen dan met hun eigen gedachten erover. Ik ga nu niet de hele leer van de remonstranten op dit punt met jullie behandelen. Dan zouden we het moeten gaan hebben over allerlei ingewikkelde theorieën. Ze hebben namelijk als het om de uitverkiezing gaat allerlei onderscheidingen gemaakt. Daartegen lees je dan in art 8: “Deze uitverkiezing is niet veelsoortig, maar zij is een en dezelfde verkiezing van allen die onder het Oude en Nieuwe verbond behouden worden.”
Een onderscheid wat de remonstranten maakte wil ik wel noemen omdat dat vandaag nog steeds actueel is. Ze maakten namelijk een onder scheid tussen uitverkiezing vanwege geloof en uitverkiezing tot behoud. Tot zaligheid. Wat was nu volgens de remonstranten het verschil tussen die twee?
De uitverkiezing vanwege geloof was dan dat de HERE op een bepaald moment ziet dat iemand begint te geloven. Daarom kiest hij die persoon dan voorlopig uit. Het probleem is dan nog wel dat niet zeker is dat hij of zij zal blijven geloven. Het gaat daarom nog maar om een voorlopige verkiezing.
Als die man of vrouw na een poosje niet meer gelooft is die uitverkiezing weer verdwenen. Als die persoon blijft geloven dan komt het bij zijn of haar dood tot de definitieve uitverkiezing. Bij alles blijft God afhankelijk van wat wij als mensen doen. Ik kom daarop in punt 3 nog terug. Het is duidelijk dat volgens de remonstranten de uitverkiezing heel verschillend kan zijn. Volgens hen zou de uitverkiezing in de tijd van het Oude Testament nog weer anders gewerkt hebben dan in de tijd na Christus werk. Volgens hen was het Oude Testament ook minder dan het Nieuwe Testament.
Ook daartegen zullen vanuit Gods eigen Woord nee moeten zeggen. De HERE is in de tijd van het Oude Testament niet anders dan vandaag. Hij werkt ook niet anders. Het geloof was voor de broeders en zusters in het Oude Testament hetzelfde als geloven vandaag. Zij hadden toen geen ander geloof dan wij vandaag. Mensen kwamen toen ook niet op een andere manier tot geloof. Ook toen heeft de HERE Zijn uitverkoren kinderen door de Heilige Geest met kracht tot geloof gebracht. Hij deed het ook toen door de verkondiging van het evangelie. De verlossing door de Here Jezus alleen, door Zijn bloed alleen is voor de gelovigen van alle tijden hetzelfde. Niemand is ooit op een andere manier gered. Dat gaat voor de Joden en voor de gelovigen uit de heidenen ook op dezelfde manier. We horen dat uit de mond van Petrus in Handelingen 15 als hij zegt: “Hij heeft geen enkel onderscheid gemaakt tussen ons en hen, want Hij heeft hen door het geloof innerlijk gereinigd. …..Nee, we geloven dat we alleen door de genade van de Heer Jezus gered kunnen worden, op dezelfde wijze als zij.” Vs 9,11
De gelovigen die voor de komst van de Here Jezus geleefd hebben, kregen meteen na hun sterven wat Jezus nog voor hen zou gaan verdienen. Dat wordt hen al toegerekend omdat God zeker weet dat Christus Zijn werk tot het einde zal doen. De HERE heeft de gelovigen in de tijd van het Oude testament behandeld alsof Christus al gekruisigd, opgestaan en naar de hemel gegaan was. We lezen dit o.a. in Rom 3:25: “Hem heeft God openlijk aangewezen als middel tot verzoening, door het geloof in Zijn bloed. Dit was om Zijn gerechtigheid te bewijzen met het oog op de vergeving van de zonden die tevoren hadden plaatsgevonden onder de verdraagzaamheid van God.” HSV
De hele kerk die tot het eeuwige leven uitverkoren is (vr/ant 54) is door de ene verkiezing van God Zijn volk. Zijn volk dat in Zijn ogen aangenaam is door het geloof.
Waarover gaat nu deze uitverkiezing? Heeft de HERE alleen besloten om bepaalde mensen te redden en anderen niet? Staat Gods besluit om iemand te redden dan eigenlijk los van iemands geloof? Dat is niet zo! Kijk maar eens naar wat we in dat tweede deel van art 8 belijden: “De Schrift verkondigt ons immers een welbehagen, voornemen en raad van Gods wil, waar door Hij ons van eeuwigheid heeft uitverkoren tot de genade en tot heerlijkheid, tot het behoud en tot de weg van het behoud, die Hij tevoren bereid heeft, opdat wij daarop zouden gaan.” (Ef 1:4,5; 2:10)
De HERE kiest iemand niet zonder geloof en zonder een leven vanuit geloof in goede werken uit. Wij mogen geloven en Gods verkiezing niet van elkaar scheiden. De HERE is echt de fontein van alles wat goed is. Je zult naar Hem moet gaan voor dat goede. Dat laat ook je eigen verantwoordelijk heel duidelijk zien. Die valt niet weg als het om Gods heerlijke verkiezing gaat. Toch kan ik alleen maar danken als ik in geloof met Christus leef. Dan kan ik dat alleen maar zien als Zijn genadewerk in mij. Elk leven met Christus hoe klein en pril ook is het heerlijk werk dat van God komt. Het is Zijn cadeau. Hij stalt dat cadeau dan in je leven uit. Alles wat je doet vanuit de liefde voor Christus, vanuit de liefde van God is gevolg van Gods werk in je. Werk van de Geest. We lezen dat ook duidelijk in Ef 2:8-10: “Door Zijn genade bent u nu immers gered, dankzij uw geloof. Maar dat dankt u niet aan uzelf; het is het geschenk van God en geen gevolg van uw daden, dus niemand kan zich er op laten voorstaan. Want Hij heeft ons gemaakt tot wat wij nu zijn: in Christus Jezus geschapen om de weg te gaan van goede daden die God mogelijk heeft gemaakt.”
De goede werken die je alles gelovige doet zijn geen dingen waarmee je iets verdiend bij God. Het zijn de daden die je ook aan Gods werk in je te danken hebt. Toch blijft het altijd zo dat het jou verantwoordelijkheid is om ze te doen. Uit liefde voor Christus.
Wie door God uitgekozen is gelooft en doet goede werken omdat God de fontein van alles wat goed is. Als je zegt dat de mens meer gewaardeerd moet worden en daarom Gods verkiezing afhankelijk maakt van wat een mens eerst moet doen, eert God niet zoals Hij echt is. Die geeft de HERE te weinig eer. Die denkt dan toch teveel van zichzelf en van de mensen. De roem komt echt alleen God en Zijn genade toe. We zien dat ook als we in de tweede plaats zien dat Gods verkiezing niet voorwaardelijk is. We letten daarop in het tweede punt.
- Daarom is Zijn verkiezing niet voorwaardelijk
De remonstranten en ook veel kerken en christenen in onze tijd benadrukken dat je uitgekozen wordt op grond van je geloof. Jij moet door te geloven en door te gehoorzamen zorgen dat je in een goed blaadje bij God komt en dan kiest Hij je uit. Weer moeten we zeggen dat het goed en gelovig klinkt. Ook moet je zeggen dat geloven en blijven geloven onze verantwoordelijkheid is. Wie niet in geloof leeft en niet volgens Gods wil leven gaat door eigen ongeloof en ongehoorzaamheid verloren. Maar toch is het niet zo dat je op grond van je geloof als je eigen werk door God uitgekozen wordt. Let eens op het eerste deel van art 9: “God heeft uitverkoren niet omdat Hij tevoren in de mens geloof, gehoorzaamheid van het geloof, heiligheid of een andere goede eigenschap of aanleg zag, die als oorzaak of voorwaarde in de mens, die uitverkoren zou worden, aanwezig moest zijn.”
Het gaat erom wat er het eerste is en moet zijn. Is het geloof er eerst en gaat God je daarom uitkiezen of is het geloof gevolg van Gods onverdiende liefdeskeuze voor jou en mij? Het antwoord moet zijn dat ieder die gelooft zijn geloof voor de volle honderd procent aan de HERE te danken heeft. De HERE is de fontein en uit hem komt de uitverkiezing die de bron voor je geloof, voor je liefde tot Christus en voor je liefde voor Gods geboden is. Zonder Zijn onnoemelijk liefde in Zijn verkiezing zou er bij mij geen enkele liefde tot Christus zijn. Zou ik als een vijand van God op deze wereld leven. Ik noem twee voorbeelden in de Bijbel waar je dat kunt zien.
Het eerste voorbeeld is Abraham. Hij wordt in de Bijbel de vader van alle gelovigen genoemd. Heeft de HERE hem geroepen en uitgekozen omdat hij zo gelovig was? Nee, want in de tijd de HERE hem uit Ur van de Chaldeeen riep, mankeerde er nog veel aan Abrahams geloof. Hij dient dan ook de afgoden. We lezen dat in Joz 24:2: “Dit zegt de HEER, de God van Israel: Jullie voorouders woonden lang geleden ten oosten van de Eufraat. Het waren Terach en zijn zonen Abraham en Nachor. Ze dienden andere goden.” De HERE roept Abraham die andere goden dient en brengt hem omdat hij een van Gods uitverkoren kinderen is tot geloof.
Een ander voorbeeld is Paulus. Paulus heeft de volgelingen van de Here Jezus tot de dood toe vervolgd. Dat deed hij met overtuiging. Hij stond er helemaal achter. Hij wilde christenen graag in de gevangenis gooien of ze laten doodmaken. De man die zo vol haar tegen Christus zat, was een uitverkoren kind van God. Dat wordt ook duidelijk in zijn leven want op de weg naar danascus is het Christus zelf die Paulus tot geloof brengt. Paulus komt tot een radicale bekering in zijn leven omdat God Hem eerst heeft liefgehad, Hem uitgekozen heeft. Dat is voor de grondvesting van de wereld gebeurd. Dat maakt duidelijk dat je niet moet zeggen dat mensen uitgekozen worden. Ze zijn uitverkoren.
Ik noem een paar teksten in de Bijbel die dat heel duidelijk laten zien. Als je dat hoort moet je niet vergeten dat het echt helemaal niets van onze eigen verantwoordelijkheid afdoet! Gods wegen zijn hoger dan onze wegen.
Wanneer Paulus over Jacob en Ezau schrijft die bij Rebecca in haar buik groeien, laat hij zien dat de een uitverkoren was en de ander niet. Hij schrijft dan in Rom 9:11,12: “en al voor ze geboren waren en nog niets goeds of slechts hadden gedaan, werd haar gezegd: De oudste zal de jongste dienen. Gods besluit blijft namelijk van kracht: God kiest een mens niet uit op grond van zijn daden, maar omdat Hij hem roept.”
Ik denk hier ook aan wat de Here Jezus tegen Zijn discipelen in Joh 15 zegt: “Jullie hebben niet Mij uitgekozen, maar Ik jullie, en Ik heb jullie opgedragen om op weg te gaan en vrucht te dragen, blijvende vrucht. Wat je de Vader in Mijn naam vraagt, zal hij je geven.” Vs 16
Gods genadige verkiezing in Christus is de bron voor het geloof en alles dat daaruit voortkomt. De HERE is niet de God die mensen mogelijkheden geeft en dan als toeschouwer in het stadion kijkt wie aan Zijn voorwaarden voldoet en daarom dan door Hem uitgekozen wordt. We zien dit in het derde en laatste punt.
- Daarom is de uitverkiezing meer dan alwetendheid.
Het was volgens de remonstranten zo dat er in de Bijbel over uitverkiezing gesproken kon worden omdat de HERE alwetend is. Het is niet zo dat God alles regeert en in Zijn hand houdt. Hij weet wel wat er allemaal gaat gebeuren. De HERE heeft er voor gezorgd dat de Here Jezus kwam en Zijn werk van verlossing gedaan heeft. Toen zou de HERE als voorwaarde voor het eeuwige leven gesteld hebben dat mensen in de Here Jezus moeten geloven. Wie dat doet wordt door hem tot dat eeuwige leven uitgekozen. God kan de namen van al die uitverkorenen als in het boek van het leven schrijven. Omdat Hij alwetend is en in de toekomst kan zien wie echt gaat geloven. Hij weet wie aan Zijn voorwaarden zal gaan voldoen. Het is een zaak van vooruit zien zoals we dat ook in art 9 horen.
Als je zo denkt, en dat klinkt heel logisch en sympathiek, krijgt de HERE niet de eer die Hij als de fontein van alles wat goed is, verdient. Het is niet zo dat de HERE alleen mogelijkheden en voorwaarden gegeven heeft. Het is niet zo dat de HERE alleen Christus als Verlosser gegeven heeft en dan zegt: Ik ben nu een heel eind naar jullie toegekomen en nu moeten jullie het in eigen kracht afmaken.
Wat is het volk, wat zijn de mensen arm die zo’n prediking horen. Dat is een verkondiging die mensen op zichzelf terugwerpt. Waarbij ik op mijzelf moet bouwen. Dan zie ik steeds weer mijn eigen zwakheid, steeds weer mijn eigen zonden. Dan zie ik dat ik in eigen kracht niet tot Christus kan komen. Niet in dat leven met Christus kan volhouden. Dat zorgt nu echt op termijn voor radeloze en onzekere mensen.
Hoe arm is het volk dat zo’n prediking hoort. Dan wordt je hoogmoedig gemaakt en denk je dat je beter dan anderen bent. Dat je toch voor een deel voor je eigen behoud moet zorgen.
Zo’n prediking is eigenlijk Godonterend. De HERE aan wie een gelovige alles te danken heeft, wordt niet zo geëerd. Hier zie je aan enkele dingen en er zouden er nog meer te noemen zijn hoe belangrijk het goede zicht op de HERE die uitgekozen heeft, is.
Hier zie je ook dat je al je vertrouwen op jezelf en de mens in het algemeen weg moet doen. De HERE roept je tot bekering als je toch op jezelf vertrouwt. Wie op zichzelf bouwt staat buiten de gemeenschap met God. Dan vertrouw je op je eigen werk. Laat je vertrouwen er op de HERE alleen zijn. Dan zie je wat we in Rom 11:6 gelezen hebben: “Maar wanneer ze uit genade zijn uitgekozen, dan is het niet omdat ze de wet naleven, want in dat geval zou de genade geen genade meer zijn.”
Wie de HERE door Gods liefde in Christus kent, leert Hem te prijzen en te danken voor Zijn genade en liefde. Die slaat zich niet op de borst om eigen geloof en geloofskracht! Wie roemt laat die roemen, laat die geweldig hoog opgeven van de HERE alleen!
AMEN